Quantcast
Channel: Kos en wyn - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 174

Persvrystelling: Mondelings bring skrywers op Stellenbosse stoep byeen

$
0
0

Dana van Wyk, Kabous Meiring, Anton Goosen, Louis Esterhuizen en Anoeschka von Meck (foto’s: verskaf)

Storievrate en smulpape kan uitsien na ’n reeks skrywersgeleenthede wat weekliks vanaf Maart op een van die mooiste stoepe in Stellenbosch aangebied word. Met sonsondergang op die Bolandse berge, sal gaste in ’n intieme atmosfeer aansit saam met hul gunstelingskrywers. Marilou Ferreira, bekende spysenier op die dorp, bied hierdie geleenthede aan en sal die gaste trakteer met ’n driegang-ete wat telkens die skrywers van die aand se gunstelingdisse insluit.  Die aand word verder ingekleur deur musiek en die voorste wyne uit die omgewing.  Die boeke sal verder te koop wees, met die skrywers wat dit graag sal onderteken.

Hierdie reeks, genaamd Mondelings, word op 4 Maart afgeskop met die gewilde skrywer, Dana Snyman, wat oor sy werk sal praat met die bekende televisie-aanbieder, Kabous Meiring. In Dana se nuutste boek, Onder een dak, deel hy 100 van sy gunstelingstories wat strek van familiestories uit Dana se seunsjare tot intieme onlangse vertellings, waar hy met skerp waarneming ons land en sy mense betrag.

Malene Breytenbach en Louis Esterhuizen kom sit aan die tafel op 11 Maart.  Malene is een van die bedrywigste fiksie-skrywers in Afrikaans, wat al meer as 50 romanses en agt romans en verskeie tydskrifkortverhale op haar kerfstok het.  Sy gesels met Louis onder meer oor haar roman, Skadumagte, waarvan hy die redakteur was. Louis is op sy beurt ’n gerekende digter wat verlede jaar sy elfde bundel publiseer, naamlik Die gladde stiltes in glas.

Anoeschka von Meck, wat veral bekend is vir haar blitsverkoperboek, Vaselintjie, sal gaste op 18 Maart meesleur met die stories agter die storie van haar jongste boek, Die heelal op my tong.  Oor hierdie opspraakwekkende en openbarende roman, gesels sy met Theo Kemp, die skrywer van Skool en die onlangse Strafjaart.

Na 40 jaar se rock ’n roll in Afrikaans vertel die legendariese Anton Goosen nou sy volle verhaal, soos neergepen deur die bekroonde joernalis Hanlie Retief. Kom luister op 24 Maart hoe die vader van Afrikaanse rock skryf oor sy grootwordjare in die Vrystaat, sukses en roem, sy lewe op die langpad, die Musiek-en-Liriek-era, die hoogtepunte en teleurstellings langs die pad.

Hierdie geleenthede begin telkens om 18:00. Kaartjies is R500 – insluitende die driegangete en wyn. Besprekings en navrae moet gestuur word na stoepstories@yahoo.com.

The post Persvrystelling: Mondelings bring skrywers op Stellenbosse stoep byeen appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 174


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>