Quantcast
Channel: Kos en wyn - LitNet
Viewing all 173 articles
Browse latest View live

Onderhoud met André Pretorius oor Italiaanse intermezzi

$
0
0

André Pretorius gesels met Naomi Meyer oor sy boek Italiaanse intermezzi wat onlangs by Naledi verskyn het.

Hallo André, geluk met die boek Italiaanse intermezzi – Reissketse. Watse soort boek is dit hierdie?

'n Boek van reisbeskrywings oor Italië – 'n land wat na 'n kwarteeu se reise nog nie sy greep op my wil laat los nie. Die eerste keer toe ek daar geland het, was ek 17 en op pad terug van die Olimpiese Spele in Barcelona. Daarna was ek 'n armlastige rugsakreisiger – daardie maand lange reis in 1996 vorm die ruggraat van die boek – 'n verliefde, 'n enkeling, 'n pelgrim, 'n pa met 'n kleuter aan die hand, 'n ontdekker, 'n strandlêer. Dit is my indrukke in elkeen van daardie gedaantes – en heelwat ander! – wat ek in die boek probeer opteken, want elke keer gryp Italië my op 'n ander manier aan. Een reis, dus, met ander reise daarin verweef, en een boek waarin ek die baie Italiës wat ek oor die jare teëgekom het, probeer vasvang deur sy mense, plekke, kuns, kos en musiek.

Jy het al in baie dele van die wêreld gewoon. Wat bring jou terug na Italië?

Soveel van die vrugte van die menslike gees op sy mees verhewe is ontvang en gebore in Italië en is steeds daar te vind – ons is per slot van rekening die erfgename van 'n kultuur wat tot 'n beduidende mate sy beslag in die Italiaanse stadstaatjies van die Renaissance gekry het. Dus kan jy op die onbenulligste plekkie die mees onverwagse juweeltjies raakloop, soos die argitektuur van Palladio in Vicenza, of die Scrovegni-kapel in Padova of 'n meesleurende skildery van Caravaggio in Siracusa. En die agterdoek vir daardie klein ontdekkings is 'n land waarin die skoonheid van die oomblik verweef is in die alledaagse, waar die ontmoeting met 'n volslae vreemdeling soms 'n lewensbevestigende ervaring kan wees.

Wat is vir jou die persoonlike hoogtepunte van Italië: die kos, die wyn, die landskap, die kuns, die taal, die son (jy woon immers in Engeland) ... iets anders?

Al daardie dinge! Maar veral die mense: jy kan die Italianers probeer weergee in beskrywings soos “warmte”, “passie” of “warmbloedigheid”, maar uiteindelik is daar nie woorde vir die omarming wat jy voel van 'n Siciliaanse gesin se drie geslagte rondom hulle etenstafel nie – met oorgeërfde geregte uit die ouma se geheue. Of van 'n ou wat in Reggio in 'n koskroeg met sy skoothond sit en wag vir skaakopponente. Of van 'n kêrel wat vir jou 'n druppel van sy tuisgemaakte balsemiekasyn op 'n teelepeltjie skenk vir proe. Of van 'n antiekhandelaar op 'n Toskaanse trein wat vir twee skurwe vente met 'n tweemantent onderdak bied in haar Renaissance-villa buite Lucca. Italianers kan jou beide die harnas in jaag of verkwik – soms in dieselfde asem – maar hulle laat jou selde koud. En dit is wat reis in Italië vervolmaak, net soveel as die landskappe of die kuns of die kos.

Napels, Vesuvius, 2014

Italië kan maklik gereduseer word tot pizza, pasta, Venesië se waterstrate en die Dawidstandbeeld. Watter gedeeltes van Italië bekoor jou wat nie so bekend is nie?

Daar is min dele van Italië wat werklik nog onbekend is – dit is die implikasie van die Evelyn Waugh-aanhaling voor in my boek – maar onder die minder bekende dele wat my oor die jare bekoor het, is die Gargano-skiereiland aan die ooskus en die Barok-dorpies in die suidooste van Sicilië. Die Gargano is daardie "spoor" in die Adriatiese See boaan die "hakskeen" van Italië. Dit is 'n landstreek van heiligheid: van hier het Kruisvaarders 'n millennium gelede vertrek na die Heilige Land (en hul bouvallige kastele staan steeds teen die hemel afgeteken); hier het Italië se beroemdste heilige van die 20ste eeu – Padre Pio – sy lewe geslyt, en pelgrims stroom na sy heiligdom; en hier skryf plattelandse dokters godsdienstige amulette voor saam met antibiotika wanneer 'n driejarige mangelontsteking kry ... Die dorpies van Sicilië se suidooste – Ragusa, Modica, Scicli, Noto – is almal van die grond af herbou nadat 'n aardbewing hulle in 1693 vernietig het. Hulle styl is dus eenvormig – 'n soort hemelvaart van die Barok as verhoog vir die alledaagse wat bloei in 'n harde, ongenaakbare landskap. Op sy manier is hierdie dalk die mees intens Italiaanse deel van Italië (al was dit tot in die 1860’s nie eens deel van Italië nie).

Sicilië, 2010

Deesdae kan Google mens help om baie omtrent ‘n land uit te vind. Hoe sien jy jou boek – vir iemand wat raad nodig het om die land te verken: op watter aspekte van die boek moet hulle fokus om reisinligting te kry? 

Ek dink nie die boek bied veel in die aard van reisinligting nie – feitlik elke ander bron sal beter wees daarvoor! As die boek die voornemende reisiger enigiets bied, is dit dalk 'n insig in 'n plek of ding waarvan hy of sy nie geweet het nie, of 'n invalshoek waaraan hy of sy nie gedink het nie. Miskien noop dit iemand om te dink dit sal goed wees om 'n opera by te woon. Of om seker te maak dat waar hulle hul ook al in Italië bevind, hulle nie die gemetaboliseerde Katolieke heiligheid van Italiaanse alledaagse miskyk nie.

Die Italiaanse musiekterm “intermezzi” (meervoud van “intermezzo”) dui daarop dat mens nie iewers vertoef nie. Dis ‘n tussenwerpsel, dis musikale gom tussen die bewegings van sê maar ‘n opera. Waarom het jy hierdie titel gekies?

Dit is hoe my Italiaanse reise was: tussenspele, grepe van verkwikking, oomblikke waarin die groter temas van die lewe hulle in alle puurheid kon uitspeel. Ek kan nie in Italië woon nie en die langste wat ek op een slag daar was, was op daardie rugsak-en-tent-toer in 1996. Daarna het ek 'n langnaweek hier en 'n week of twee daar gegryp waar ek kon. Een van daardie grepe was een najaar op die spoor van Uys Krige se ontsnapping uit krygsgevangeskap in 1943; die subtitel van die boek wat hy destyds daaroor geskryf het (The Way Out, 1946) was "Italian intermezzo". Die titel is deels daardeur ingegee. Maar jou verwysing na opera is ook raak: opera, veral melodramatiese 19de-eeuse Italiaanse opera, is vir my een van die waarmerke van die Italiaanse wese – dit is nie dat opera noodwendig so gewild is nie, eerder dat lewe in Italië elemente van die opera het. Daar is opera in die boek – in die opelug van Verona se Romeinse arena, by La Scala in Milaan – en die melodrama van die opera is oral te vind in die Italiaanse alledaagse. Dus ja, ek het gehou van die musikale ondertoon van die titel.

Sicilië, Punta Secca, 2012

Wat is jou gunsteling Italiaanse kos of resep?

Soos 'n gunstelingwyn, is daar geen enkele antwoord op nie: die antwoord is 'n funksie van tyd en plek en konteks en geselskap. Daar is fynkossies – soos die beste van al die Parmahamma, culatello di zibello, of die varsste van vars buffelsmozarella in die platteland rondom Napels, of die ongoddelik duur wit truffels van Piëmont – maar daar is ook die kos waarvan dit juis die eenvoud is wat bekoor. Dit sal verregaande klink, maar van die genotlikste etes wat ek in Italië geëet het, was pasta by "strandklubs" in die snikhete somer: miskien met klein seekatjies en 'n tamatiesous, of sommer net met tamaties, knoffel, vars kruie en olyfolie van die heuwel agter die strand. Of pizza langs die swembad van ons Napolitaanse kinderoppasser, waar haar oom heelmiddag die deeg knie voor hy vroegaand die pizzas een vir een in die houtoond druk. 

Amalfi, Ravello

Vir iemand wat op reis na Italië wil gaan: noem jou gunstelingdorpe of stede en hoe mense prakties daar kan uitkom? (Kom ons sê mense het ‘n week tyd.)

Ek weet nie hoe 'n goeie reisgids ek (of die boek!) sal wees nie. My beste raad is om meer plekke te verruil vir minder plekke in groter diepte. Moet dit nie alles probeer inprop nie: kies 'n streek en belééf sy dorpies, sy landskappe, sy kos (want kos, soos alles in Italië, is streeksgebonde), sy onverwagse juweeltjies. En lees, lees, lees voor jy gaan.

Foto's verskaf deur die skrywer


 

Naledi nooi jou om te kom luister na Johan Rademan in gesprek met André Pretorius by die bekendstelling van sy boek Italiaanse Intermezzi: Reissketse.

Die geleentheid vind plaas op Donderdag, 18 Februarie 2016 om 18:00 vir 18:30. Wyn en ‘n ligte vingerete sal bedien word.

Sien jou daar!

Besonderhede

  • Datum: Donderdag, 18 Februarie 2016
  • Tyd: 18:00 vir 18:30
  • Plek: Morgenster Wynlandgoed
    Vergelegenlaan (uit Lourensfordweg)
    Somerset Wes 
  • Gespreksgenoot: Johan Rademan
  • Verversings: Wyn en vingerete
  • RSVP: Johan Coetzee, 0834543516, chantal@naledibooks.co.za

The post Onderhoud met André Pretorius oor Italiaanse intermezzi appeared first on LitNet.


US Woordfees 2016: Een Maal was daar ... Johnny Hamman

$
0
0

Johnny Hamman (foto: http://nothambutman.com/)

Skrywers oor hulle nuwe boeke: Johnny Hamman oor Een Maal

Hallo Johnny, eenmaal was daar ... Vertel asseblief vir ons lesers wie is Johnny Hamman?

Johnny Hamman is sedert 2002 'n professionele sjef en is ook 'n huweliksbeplanner.

Johnny het in Limpopo grootgeword, in Stellenbosch by die Instituut vir Kulinêre Kunste studeer en daarna in Magaliesberg by die Mount Grace Hotel gewerk. Daarna het hy in Franschhoek gewerk, en in Namibië, weer in Stellenbosch en later ook in die VSA.

Vandag is Johnny aan die hoof van Slippery Spoon, 'n opwip- en onkonvensionele restaurant wat van elke onthaalgeleentheid iets unieks maak.

eenmaal_boekomslagWatter maal is jou gunsteling: ontbyt, middagete of aandete?

Vir seker aandete, maar dit moet lekker laat geëet word ons moet eers bietjie kuier.

Watter maal was die een wat jy geëet of voorberei het en toe dink jy: hmmm, ek wil ‘n sjef word!

Dit het nou nie so gewerk nie. Ek het vir twee jaar gekook op hoërskool en eers toe besluit dit is actually iets wat ek geniet en toe wou ek nog steeds eerder drama gaan swot het. Ek was sterk op pad om drama te swot toe ek besef het ek maak ‘n fout en toe verander my visie en toe gaan swot ek by die ICA in Stellenbosch.

Waar lê vir jou die klem in jou kookboek of as jy na ‘n maaltyd kyk – wat is vir jou die belangrikste van die dis?

Alles wat jy kook en vir mense voorsit moet ‘n storie vertel! Jy het een maal ‘n kans om iemand se hart te steel met ‘n dis!

Wat het jou laat besluit om deel te neem aan Kokkedoor?

Ek het by die werk ingestap die dag, toe lê die inskrywingsvorms op my lessenaar wat vriende daar geplaas het. Ek het so gekyk daarna en toe gedink why the hell not!

Wat was die snaaksste oomblik op die stel? En die mees spannende?

Die snaaksste was toe Renette se voorskoot aan die brand geslaan het. En die ergste oomblik vir my was toe ek besef dit is rook wat uit die stoompot uit kom, nie stoom nie.

Mens kom nie met almal oor die weg nie. Met wie het jy die beste oor die weg gekom wat saam met jou kos gemaak het?

Ek het nogals met almal oor die weg gekom. Ek het baie van elkeen van my spanmaats gehou! Veral Elsa, Marius en Renette.

Watter impak of nadraai het kykNET se Kokkedoor-program op jou lewe gehad?

Heelwat! Alles het verander. Maar die meeste is dat Kokkedoor my weer gehelp het om verlief te raak op kos en my die moed gegee het om my eie besigheid te begin.

Wat kan lesers verwag van jou resepteboek Een Maal?

Al hou jy nie van kook nie, is die boek visueel pragtig. Dit is so bietjie tongue-in-cheek en alles vertel ‘n storie. Dit gaan nie net oor kos en kook nie, maar alles wat kos en kook na ons lewens bring.

Johnny Hamman is by die US Woordfees 2016, bespreek by Computicket.

Kosdemo: Johnny Hamman (Kokkedoor-wenner)

Johnny beskryf homself as ‘n kreatiewe karakter met 'n groot passie vir paarties. Hy trakteer die gehoor met geregte uit sy splinternuwe resepteboek, Een Maal. Sien jou daar – met jou partytjieskoene aan. Donderdag 10 Maart 2016, 9 vm.

The post US Woordfees 2016: Een Maal was daar ... Johnny Hamman appeared first on LitNet.

Murray's Food Trails: The Hussar Grill

$
0
0

Entrance to the Hussar, Rondebosch, a landmark of Main Road, Rondebosch for more than half a century.

The Dutch cleric Thomas à Kempis said, “I have sought everywhere for peace, but never found it except in nooks and books”, and this can be nowhere truer than at the Hussar Grill in Main Road, Rondebosch. Its interior lined with shelves of leather-bound tomes in nooks and little corners running up to the ceiling gives the decor a light-dark scholarly feel.

Photos: Left: the chalk-drawn image of a hussar in The Hussar Grill. Right: a cavalryman participating in a ceremony for the 1st Cavalry Regiment of the Hussars of Junín of the Peruvian Army. Credit for the above two images: https://en.wikipedia.org/wiki/Hussar.

The drawing, in coloured chalk, of a hussar, up above the bar area as you enter The Hussar Grill, reflects a distant past in a far-off place when special cavalry units in medieval Hungary under the Hungarian Matthias Corvinus went on escapades to protect the land and borders but also pillaged the countryside. Today there are still a number of ceremonial mounted units that have the word “hussar” in their name, such as the 1st Cavalry Regiment of the Hussars of Junín of the Peruvian Army.

The earliest hussars were from medieval Hungary. This woodcut is by Jost Amman. Credit for the image: https://en.wikipedia.org/wiki/Hussar

The interior of The Hussar Grill is decorated with bookshelves which provide an excellent prop and sets the tone for diners for an evening with lots of debate and discussion … and if you need to look up something, you’re sure to find it in one of the books. Among the books and other antique artefacts you will find various bottles of good claret, providing interesting decor and rich textures for patrons to sit back and relax in. One can imagine, in the days when smoking was permitted, the clouds of cigar smoke billowing through the restaurant, creating a smoky effect.

Photo credit: http://www.cuerdaspulsadas.es/timeline/wp-content/uploads/2013/05/Nicolas_Tournier_Banquet_Scene_with_a_Lute_Player_1.jpg

The Hussar Grill could easily have been a place for French Baroque painter Nicolas Tournier and friends to gather around and discuss new painting techniques like chiaroscuro (light-dark) or sit down over a meal and enjoy one of the rarer things of life – good conversation.

The Hussar Grill’s Baroque feel extends to all aspects of the interior – the tables, decor and bar area. Several of the patrons sitting at the bar enjoy conversation with other patrons waiting for a table, or just enjoying it, or chatting with bar attendant Des, whose service is like clockwork and who loves conversation with colleagues and customers alike.

A large selection of fine wines is available to accompany any special cut of meat. Classic is the Hussar blend, but a large assortment of white and red wines is a feature of the place.

Daily specials chalked up on the blackboard ensure a selection of fresh dishes accompanied by up-to-date explanations from the staff. These include a choice of venison steaks – at least you will not have to go hunting for your own eland: special cuts of this prime venison are provided for you. See this article on a previous Murray’s Food Trails subject: The Eland Trail.

The Hussar Grill is well-known for its biltong meze – enjoyed with some red wine specially bottled to commemorate 50 years at the Hussar.

C Louis Leipoldt a medical doctor and eclectic writer of cookbooks writing through his own voice, but under the pseudonym KAR Bonade (Corbonade), lauds good-quality biltong as one of the meats easiest to digest, and has the following to say about it:

Let me add this. Of all the meats, biltong is possibly the easiest to digest, and the best food. I do not know why. But it is a fact that thin slices of beef biltong (and the same holds for grated game biltong) almost melt away in your stomach. They are digested without using much energy. This makes biltong, if it is first-class, one of the best foods for sick people. But then a bad, and especially a dirty fly-bespeckled biltong is an inferior food, and much more so if a quarter of it consists of indigestible sinew. (Leipoldt’s food and wine, p 282, Stonewall Books, 2003) 

Specially bottled to commemorate 50 years at The Hussar Grill: a full-bodied red wine to accompany the venison and beef.

The Hussar enjoys special occasions, such as staff in a lighter moment toasting some special event with a regular customer. The long hours enable patrons to get a table until late at night (details of opening hours at the end).

The evening shift ends with staff personally hand-polishing each glass to maximum shininess, ready for the next day.

Not just steaks, but also hamburgers are available, made with prime beef served with chips, for the in-between diner. In addition to beef steaks, the Hussar also serves vegetarian, chicken and fish dishes.

Chris at the bar. Beer and ales on tap. Being close to SA Rugby, and with SAB just down the road (Newlands), cold beverages come with the territory.

Photo credit: https://media-cdn.tripadvisor.com/media/photo-s/06/92/a5/a9/the-hussar-grill.jpg

There’s a legend that one day a famished hussar intent on testing the steel of his sabre and bored by the T-bone decided to brandish his sword, only to strike the T-bone in the middle, slicing it perfectly in half; hence the newly invented classic at the Hussar: Fillet on the Bone, commonly known as FOB and a favourite among some regulars. But you don’t need a sword to slice your meat – you can eat it off the bone with an ordinary steak knife.

An assortment of dishes at the Hussar (clockwise): Hollandse Biefstuk, meze of olives and roasted sweet potato, its renowned tomato soup, and fried camembert. Photo credit: http://www.hussargrill.co.za/

Here is a recipe for tomato soup with strong reminiscences of master chef Olga Petersen:

Peel 6 ripe but firm tomotoes by pouring boiling water over them – and then slice 2 carrots and 2 sticks of celery, chop up 2 onions and crack 2 cloves of garlic with the side of the knife and remove the little green gland inside of the garlic and throw it away.

Place a quarter of a small cup of really good olive oil into a largish saucepan over  medium heat and put in the chopped-up veggies and stir with a wooden spoon, to cook for 15 minutes.

Dissolve two cubes of veggie stock in 1,5 litres of hot water, stir and add to the mixture together with two medium-sized tins of Italian tomatoes. Don’t separate the stalks from the tomatoes if they still have them on. Stir and let the mixture boil up and then reduce to simmer for 15 minutes and then add some dried origanum (not fresh!).

Serve with dried bread/toast topped with Grier cheese and serve semi-chilled Barbera d’Alba with its strong aroma that can stand up to the tomato flavour without back-staging the soup.

Edited and adapted (without the details of the wine pairing) from http://www.jamieoliver.com/recipes/vegetables-recipes/tomato-soup/#pvePhr7QVSm8ldjQ.99.

Credit for the Carpetbagger: http://www.hussargrill.co.za/find-us/western-cape/stellenbosch/

http://venividivinoitaly.com/2013/11/24/faq-does-it-matter-what-glass-i-serve-wine-in.

Keep the glass simple but with a nice open brim to maximise the bouquet – try stemless wine glasses for a change.

https://www.mwcwine.com/wines/Flavio-Roddolo-Barbera-d-Alba-Bricco-Appiani-2008-w6571043o2

Barbera d’Alba is a good choice to enjoy with the 500 g T-bone, the pride of cut for any Hungary diner or with its renowned Carpetbagger.

http://www.terbodorecoffee.co.za

End with freshly ground Terbodore, or one of Des’s special chocolate liqueurs – no alcohol for the driver, though, or call a cab!

At The Hussar Grill you are sure to go back in Rondebosch history.

Contact details

10 Main Rd
Rondebosch
Cape Town

Tel 021-6899516 

E-mail: rondebosch@hussargrill.com 

Trading hours 
Monday to Friday: 12h00–23h00
Saturday: 18h00–23h00
Sunday and public holidays: 18h00–22h00

Booking policy: Walk-ins welcome, but reservations are highly recommended.

hussar23

 

Photos by Paul Murray, unless indicated otherwise

 

The post Murray's Food Trails: The Hussar Grill appeared first on LitNet.

Kiek-en-fliek: Die boerseunsjef van Nice, Jan Hendrik van der Westhuizen

$
0
0

Jan Hendrik van der Westhuizen se restaurant in Nice, Jan, is bekroon met 'n gesogte Michelin-ster.  Hy is tans in Suid-Afrika om sy jongste resepteboek JAN – My Franse kosverhaal bekend te stel. Naomi Bruwer was by die #WellDoneJAN-geleentheid by The Private Hotel School in Stellenbosch.

Video: Susina Jooste gesels met Jan Hendrik van der Westhuizen

Die studente en personeel van The Private Hotel School verwelkom die gaste. Vonkelwyn word geskink. Sjefs in wording Susina Jooste is die direkteur: akademiese ontwikkeling by The Private Hotel School. Jan Hendrik van der Westhuizen Deborah Johnson van The Private Hotel School Tyd vir foto's ... ... en boeke teken ... ... en gesels. _MG_3554 Mathew Lloyd bedien kerrievis. Elegante kerrievispotjies Cindy Knoesen met hoenderbobotierolletjies Carmen Niehaus Baleia-wyne uit Riversdal Annemarie Ferns en Magdaleen van Wyk Vonkelwyn van Nuy Milandri Jacobson bedien vishappies. Neil Pendock Annemarie Ferns saam met Susina Jooste en studente van The Private Hotel School Izak Nieuwoudt van Baleia-wyne saam met Jan Hendrik. _MG_3592

JAN – My Franse kosverhaal is uitgegee deur Struik en is ook in Engels beskikbaar as JAN – A Breath of French Air.

jancover

The post Kiek-en-fliek: Die boerseunsjef van Nice, Jan Hendrik van der Westhuizen appeared first on LitNet.

Murray's Food Trails: The Tomato Trail

$
0
0

A vote of thanks to Italian South African wine-maker Giorgio Dalla Cia for pointing out that it would have been impossible for guru Leonardo da Vinci to have enjoyed a plate of pasta al pomodoro (with tomato), as, by the time he died, tomatoes had not yet come to Europe. When in 1521 Hernán Cortés captured the city of Tenochtitlan in Central America, he noticed that the domesticated tomato was used as an integral part of the Nahua diet and culture. Only after this event were tomatoes introduced to Europe (Maríaluz López-Terrada). But by then Da Vinci was dead (he died on 2 May 1519), allegedly having spent his final moments in the arms of his patron and friend, King Francis I of France.

Giorgio Dalla Cia (http://www.capetownmagazine.com/, 24 June 2016)

Today, however, it would be difficult to imagine cookery from Italy, Leonardo’s homeland, without the employment of tomatoes in its dishes. Piazza without a tomato base?

The name for tomato, tomatl, was given by the Aztecs to mean “swelling fruit”. The scientific term for tomato is, however, somewhat puzzling: Lycopersicon esculentum, meaning “edible wolf’s peach”. The assigning of this term is attributed to the scientist who classified plants, Carl Linnaeus. He arrived at the binomial from the folklore that tomatoes, as members of the nightshade species, were used to produce werewolves, the term for which is lycanthropy (wolf/human) (Vanessa Richins Myers).

(Wikimedia.org, 24 June 2016)

Once the tomato had first made its appearance in Italy, and still looking very much inedible, Italian physicist Pietro Andrea Mattioli (bottom left) reclassified it, no longer as a nightshade but as a mandrake, which was an aphrodisiac. From this was derived the early French term for it, pomme d’amour, meaning “love apple” (Emily Monaco). Monaco further explains how after the Neapolitan pizza maker Raffaele Esposito (bottom right) created the first pizza in honour of Italian Queen Margherita in 1889, “the tomato truly clinched its place in Italian – and European – cuisine.”

Andrea Mattioli (left) (Wikimedia.org) and Raffaele Esposito (right) (http://sites.psu.edu/juliarcl/2015/07/03/raffaele-esposito/, 24 June 2016)

Some trivia about tomatoes

Tomatoes are mostly water.
There are 25 000 tomato varieties.
Tomatoes lose their Vitamin C content when stored.
The leaves of the plant are toxic.
Refrigeration decreases the flavour.
China is the nation that consumes the most tomatoes (41,8 million tonnes in 2010).

The above information was obtained from http://www.vegetablefacts.net/vegetable-facts/tomato-facts on 24 June 2016.

A great deal of the production of tomatoes in the USA comes from Grainger County in Tennessee, well-known for its excellent quality from the limestone-based soil, and because of the magnitude of the greenhouse industry. From here tomatoes are easily processed into juice, sauce, paste, salsa, filling, relish … the list is endless of how many different ways tomatoes are consumed.

Tomato production in the state of California in the USA (http://www.markgibsonphoto.com/images/A194W02W.JPG, 24 June 2016)

Not only tomatoes in raw form but also dried tomatoes are a big feature in some economies, such as China. A proprietor from one of the principal Chinese tomato-drying operations says, “Although China’s sun dried tomato technology is mainly from Turkey and Italy, due to our unremitting efforts, we’re excelling our predecessors, for which, we’re really proud of. Now, our sun dried tomatoes are integrated with international standard, the highest quality would meet any demands you required.” (WXQT – Leading Chinese sun-dried tomato industry)

Sun-dried tomatoes in China (http://img.news.sina.com/china/p/2014/0824/U211P5029T2D730499F32DT20140825090141.jpg, 24 June 2016)

Spaghetti al pomodoro (http://www.fabiopalacino.com/wp-content/uploads/2014/03/Pasta-col-pomodoro.jpg, 24 June 2016)

And so it strikes one as strange that while Leonardo da Vinci was busy painting one of the Western world’s most renowned oils, the Mona Lisa, he would never have the pleasure of sitting down to a plate of spaghetti al pomodoro. Just imagine him and Frankie deliberating over the country’s news, financial, security and other topical issue … imbibing French claret, but no spaghetti al pomodoro?

Rumour has it that while painting his Mona Lisa, Leonardo slit his right wrist to draw blood, to mingle it with the oil on his palette to get the exact red colour for “Lisa’s” lips! Maybe with tomatoes around at the time he might have spared himself the inconvenience … and instead employed a dash of tomato sauce … tomato in art form?

The Mona Lisa (http://themonalisamyth.com/wp-content/uploads/2013/12/ml-26.jpg, 24 June 2016)

Certainly, cooking with tomato is exactly that, an art! You have to cook it at the right temperature, for the correct length of time, whether diced, peeled, bruised, seared, boiled or fried … or use it as an admixture for creating dishes, as for the base of a pizza or the filling for a pasta.

The many forms tomato can take in food dishes, as in around the world, also applies to our own national South African cuisine. For instance, tomato is widely used in the tomato relish that accompanies one of South Africa’s national dishes, pap and boerewors. A fair portion of tomatoes is added to mashonzha (mopane worms), giving it that delicate flavour in combination with chilli.

Pap and boerewors (http://www.south-africa-tours-and-travel.com/traditional-african-food.html, 24 June 2016)

Mashonzha (https://african-cuisine.wikispaces.com/file/view/mashonzha-foodinsouthafrica.jpg/253943726/362x215/mashonzha-foodinsouthafrica.jpg, 24 June 2016)

And just as the alphabet of South African special deli items must include Marmite, African beer, mieliepap, bobotie, umngqusho and braaivleis, so it would be difficult to omit one of its national dishes, tamatiebredie (tomato stew). One recipe is from Michael Tracey’s Afri Chef; for it, go to https://africhef.com/Tamatie-Bredie-Recipe.html. The description given there, that “good bredie should be made with only a small amount of liquid” because it “helps to concentrate the flavours”, is the secret of a good tomato stew.

Another is Rufus’s tomato stew, which is publisher Koos Human’s version, at http://landbou.com/leefstyl/resepte/n-ode-aan-lekkerbekke. His own personal signature to the success of the dish is the employment of fresh herbs – which, if used, are doubled up in quantity against any bottled or commercialised ones.

Yet another recipe is from South African poet C Louis Leipoldt, renowned for its use of ginger. Important for Leipoldt was that the accompanying dish, white rice, should be cooked in such a way that each kernel should be able to stand heroically alone, avoiding sogginess or being “mushy”. (See p 95 of Leipoldt’s Food & Wine for the recipe or refer to the index in Leipoldt’s Cape Cookery.)

Tomato bredie (http://www.sarie.com/wp-content/uploads/2013/6/4/77608/tamatie_630w.jpg, 24 June 2016)

Possibly one of the gems for the recipe for tamatiebredie is to be found on p 189 of Bo-Kaap Kitchen by Craig Fraser. It is described as a “rich, hearty, spicy tomato-based stew”. The book is well illustrated with pictures and true stories that accompany them. These are recipes in the age-old tradition and the little restaurant called Biesmiellah in the Bo-Kaap still makes these dishes on a daily basis. Go to https://www.zomato.com/capetown/biesmiellah-restaurant-cbd/menu.

murraytomato12

For details of the publication, go to http://www.quivertreepublications.com/books/bo-kaap-kitchen.

murraytomato13The above photograph is of renowned South African chef Cass Abrahams’s tomato bredie and the following recipe describes how to make enough for eight people.

Ingredients
2 large onions, sliced
2 ml (1/2 tsp) peppercorns
2 ml (1/2 tsp) ground cloves
125 ml (1/2 cup) water
25 ml (2 tbsp) vegetable oil
2 sticks cinnamon
1 kg (2 1/4 lb) mutton
3 cm piece fresh root ginger, finely chopped
2 cardamom pods
1 kg (2 1/4 lb) very ripe tomatoes, chopped or
3 cans (410 g / 41 oz each) chopped tomatoes
1 green chilli, chopped
6 medium potatoes, peeled and halved
salt, pepper and sugar to taste
chopped parsley for garnishing.

Method

Place onions, peppercorns, cloves and water in a large saucepan and bring to the boil. Simmer until all the water has been absorbed. Add oil and cinnamon and braise until onions are golden. Add meat, ginger and cardamom pods and stir thoroughly. Turn down the heat, cover saucepan with a tightly-fitting lid and simmer gently for 30 minutes. Add tomatoes and chilli. Close lid and simmer for 20 minutes. Now add potatoes, salt, freshly ground pepper and sugar to taste. Replace lid and simmer until potatoes are cooked.

Garnish with chopped parsley and serve on a bed of freshly cooked rice.

Recipe reproduced exactly from Cass Abrahams Cooks Cape Malay: Food from Africa by Cass Abrahams. Go to http://www.takealot.com/cass-abrahams-cooks-cape-malay/PLID35243265.

Cass Abrahams (http://www.southafrica.net/cache/ce_cache/made/389468e0daf8b02f/255687_147569928650249_3293345_n_1_960_472_80auto_s_c1_center_center.jpg, 24 June 2016)

Image of the front cover of Cass Abrahams’s book (http://4.bp.blogspot.com/_Jit08Ki3u7E/S7EHaGd0U7I/AAAAAAAAAWs/crHlBHaOJrA/s1600/abrahams.jpg, 24 June 2016)

Tomato is a capricious food form, its virtuosity never in dispute. A true gift of nature. Much like the perfect tamatiebredie!

The post Murray's Food Trails: The Tomato Trail appeared first on LitNet.

Onderhoud: Wat die hart van vol is

$
0
0

Foto van Elmari Rautenbach: Naomi Bruwer

Herman Lategan (HL) gesels met Elmari Rautenbach (ER) oor Peter Veldsman (PV) se memoires waarin sy ook 'n aandeel het

Herman Lategan (foto: Philip de Vos)

HL: Ek het as 'n jong student vir jare by die Kaapse Tafel-restaurant bo in Koningin Victoria-straat in Kaapstad gewerk. Daar het ek gereeld vir die skrywer-joernalis Elmari Rautenbach se pa, die ouduitgewer Danie van Niekerk, bobotie bedien.

ID du Plessis, Hennie Aucamp, Sheila Cussons en vele ander skrywers het ook gereeld hier kom smul. Hier het my liefde vir plaaslike kos ontwikkel – vir skrywers was dit reeds daar, maar wat ʼn lieflike saamvoeging. Toe die raconteur en sjef Peter Veldsman dekades terug sy nuwe restaurant, Emily’s, in Woodstock open, het ek daar gaan eet en kennis met Peter gemaak. Deur die jare het ons kontak behou.

Met die lees van sy Wat die hart van vol is, wat in samewerking met Elmari geskryf, is ek teruggeneem na my jongdae as kelner, sommelier, later ook kosskrywer vir House and Leisure, die reuke van tamatiebredie, muskadel, en die geklets van skrywers om ʼn bord Kaaps-Maleise cuisine en boerekos.

Ek het besluit om vir Elmari (wat ook in haar jeug by die Kaapse Tafel gewerk het en ʼn medeleerling by die Hoërskool Jan van Riebeeck was) ʼn paar vrae te vra.

HL: Kom ons begin by die begin vir mense wat jou dalk nie ken nie. In ʼn neutedop, wie is jy en wat doen jy?

ER: Vryskutjoernalis en -tydskrifredakteur. Hou my besig met skryf – vir koerante en tydskrifte, in Afrikaans en Engels, in die handelsmark en vir kliënte en dikwels oor boeke of skrywers; doen teksredigering (wat ek eintlik verskriklik baie geniet – ander naam vir kopie herskryf of regruk!); help soms 'n publikasie omkeer (wat ek amper nog méér geniet, synde 'n ou redakteur); en doen boekredigering. Peter Veldsman se Wat die hart van vol is was my tweede van sulke projekte – die eerste was my man, Frans, se wildtuinboek. En dan is ek van volgende jaar die sameroeper van die US Woordfees se skrywersfees.

HL: Hoe ken jy vir Peter? Waar het julle mekaar ontmoet en hoe is dit dat julle oor die jare steeds in kontak bly?

ER: Ek het hom eers leer ken uit stories van my ma en pa. Toe ek in matriek was, het my ma by Sarie begin werk. Soms het sy iets huis toe gebring wat hy in die toetskombuis daar gemaak het. My pa was aan die stuur by Tafelberg-uitgewers en hy en Koos Human, Peter se uitgewer, was gereeld gaste by die latere Emily's.

Toe ek by De Kat was, het Peter vir ons 'n kosrubriek geskryf, maar my eintlike kennismaking met hom as 'n joernalis en verteller van formaat was toe ek by Insig was en hom gevra het om 'n essay te skryf. Dit was 'n juweel. Daarna het ek hom oor die jare in verskillende hoedanighede as skrywer ingespan.

Persoonlik het ek hom eers regtig ontmoet toe ons 20 jaar gelede in Summerleyweg in Kenilworth ingetrek het. Ons s'n was een van 'n paar Victoriaanse huise wat in die straat behoue gebly het. Oorkant ons was 'n ander, maar dié het kompleet soos 'n huis uit 'n sprokie gelyk, geverf in die helderste van kombinasies. (Deesdae is dit pers en ligpienk, met die houtwerk in roomgeel en 'n donkergroen tralieheining met goue knoppe, omsoom met die fabelagtigste tuin denkbaar.)

Ons was groter vriende met die verskeie honde wat oor die jare agter die heining gekom en -gaan het en sy huishulp Miriam as met ons besige buurman. Maar elke Sondag klokslag is, en word ons steeds, wakker gemaak met die lieflikste klassieke of operamusiek wat klink asof dit net buite in ons tuin gespeel word. (Ons slaapkamer kyk uit oor sy studeerkamer met sy lang Franse deure.)

Daar is natuurlik ook my man se staaltjie van die Sondagoggend toe hy Peter in die middel van die straat op 'n regisseurstoel aantref, 'n tafeltjie langs hom met 'n termofles koffie met 'n koppie en piering daarop, terwyl hy sy huis takseer. "Om te besluit watterg kleurg die beste gaan lyk ..."

HL: Hoe het die idee vir die boek toe vorm aangeneem?

ER: Dit was in 2015. Ek was by Homebrew Films in die kantoor en die episode van Kokkedoor, waarin Peter die genooide kospersoonlikheid was, is daardie week uitgesaai en het ongelooflike goeie reaksie uitgelok. Omdat ek met boeke werk, het ek geweet hoe gewild boeke oor erfeniskos geword het.

Ek het begin wonder oor 'n boek wat vertel van 'n lewe met kos, maar veral erfeniskos wat fynkos word, waarvoor Peter bekend was. Ek het in daardie stadium pas klaargelees aan J Ryan Stradal se wonderlike Kitchens of the Great Midwest, 'n storie oor 'n fiktiewe kok se lewenslange obsessie met kos, en Toast van Nigel Slater was een van my gunstelinge. Ek het nagelees oor Peter en begin speel met idees.

Die eerste was 'n lewensverhaal, met resepte vir elke stadium van sy lewe. Maar dit het ellelank geword en eintlik tussen twee stoele deurgeval met 'n uitgewer wat ook nie wou byt nie. Tog het die idee bly draal en in die see tydens die Kersvakansie het ek dit verfyn as 'n suiwer lewensverhaal, een met “pop up”-resepte as die kans hom wel voordoen, maar as deel van die verhaal, en deurspek met nostalgie, Karoo-wyshede, ‘n bietjie skinder oor en staaltjies van bekendes, en veral humor.

Want al dié elemente het ek al in Peter se skryfwerk teëgekom. Die uiteinde was 'n voorlegging, kompleet met toestemming van Peter en 'n duidelike hoofstukstruktuur, wat onmiddellik aanvaar is.

HL: Wat was julle modus operandi toe daar besluit is om hierdie taak aan te pak? Neem ons kortliks daardeur. Peter se gesondheid was ook nie aldag goed nie. Het julle gereeld bymekaargekom? Hoe het julle besluit wat moet in en wat moet uit?

ER: Hy het 'n paar hoofstukke in die spreekwoordelike laai gehad toe ek by hom aangekom het. Die tyd was ook reg, want hy het toe al besluit om Emily's te verkoop weens gesondheidsoorwegings. Aanvanklik het dit stadig gegaan. Hy het geskaaf en vir my gestuur. Nadat Emily's se deure gesluit is, vinniger, met rukke wanneer hy nie kans gesien het nie.

Met die eerste deurlees het ek agtergekom daar is 'n punt waar die skryfstyl verander en die hoofstukke al hoe langer word. Dit kom toe uit dit was waar Johan Odendaal, sy jare lange vennoot en volgens hom met 'n beter geheue as hy van onlangse gebeure, begin saamskryf het. Dit was die een keer dat Peter op my versoek hoofstukke moes oorskryf. Ek wou net sý stem hê.

My aanvanklike hooftaak was sub, feite nagaan en kopie kompakter maak. Peter het geskryf wat hy onthou (en hoe hy name uitspreek!), maar die geheue is nie altyd betroubaar nie en dwaal soms maar af. Die kindertyd- en jeughoofstukke was pragtig en maklik om te redigeer, met die nodige feite nagaan hier en daar.

Maar daarna, en veral in die laaste twee hoofstukke, het ek 'n baie sterker skryfhand gehad en dikwels gewerk met antwoorde wat hy laat in die nag (hy is 'n naguil, soos ek) op my vrae gestuur het en inligting wat ek op allerlei maniere moes navors om te verhelder of konteks te gee.

Ons het hoofstuk vir hoofstuk gevorder, hy so ’n kortkop voor my. Daar was nie eintlik ’n geheel waarmee ek van die begin gewerk het nie. Maar soos die boek gevorder het, het ek geweet waar dit moet eindig. 

HL: Watter ander uitdagings was daar met so ʼn boek? Moes jy met baie ander mense ook praat? Verder is jy ook besig met veeleisende ander werk – hoe het jy alles ingepas?

ER: Dit was goed dat die slothoofstukke nie klaar was toe ek begin het nie. Want namate ek die man agter my buurman / bekende persoonlikheid leer ken het, het ek geweet waar ek meer soek. Ek wou byvoorbeeld hê Peter moet oor sy liefdeslewe skryf. Hy wou aanvanklik nie. En meer te sê oor sy verhouding met die kerk. Dit was nie altyd so maklik om daaroor uit te vra nie, want dit was nie asof ek ’n boesemvriendin was nie. Gay-wees vir iemand wat in ’n behoudende Afrikaanse plattelandse omgewing grootgeword het, was nogal iets, en later as gay ouderling in die NG Kerk. En dan was daar die ouderdom, die verkoop van Emily's – 20-plus jaar wie en wat hy was. Die laaste twee hoofstukke was veral 'n spanpoging.

'n Ander uitdaging was dat die boek nie verval in 'n "en toe, en toe"-opnoemery nie. Ek sou soms die ritme van vertelling verbreek deur 'n staaltjie na die hede te verplaas om drama te skep. Of die humor of liriese te beklemtoon.

Met my navorsing het ek interessante paaie geloop, baie geleer oor kokke en internasionale kosneigings en die vrae gevra wat 'n leek sou. (Hoekom byvoorbeeld is ongesoute botter saam met Soweto-brood voorgesit? Omdat swart mense daardie tyd dikwels nie koelkaste gehad het nie en sout was 'n preserveermiddel. Geregte was dus dikwels erg sout.) Dit, glo ek, maak die teks toegankliker. Ek moes soms mense kontak, soos 'n eiendomsagent oor die Woodstock van destyds, of KultuurKroniek se Martiens van Bart, en het selfs Lizette Rabe se meestersgraadverhandeling oor Sarie gelees in my soeke na die juiste inligting.

Ek het bedags my ander werk gedoen en as dit stil was snags aan die boek gewerk. Die stilte en gebrek aan e-posse was noodsaaklik om voortdurend die geheelprentjie in gedagte te kan hou: 'n struktuur met 'n begin, middel en einde; 'n eb en vloei – veral omdat ek bykans 30 000 woorde moes sny. Die vermoë om 'n storie as 'n geheelbeeld te sien is iets wat 'n mens gou as 'n joernalis leer omdat jy dikwels 'n magdom inligting so kompak, insiggewend, vermaaklik en toeganklik moet kan verpak.

HL: Iets wat ek agtergekom het, was Peter se stem wat so duidelik deurgeskemer het. Dit was asof jy met hom aan tafel sit en na hom luister. In die agtergrond prut die potte. Daar was ʼn intieme wisselwerking tussen boek en leser. Hoe het jy/julle dit reggekry, want baie mense se memoires klink soos iemand anders sʼn.

ER: Dit het gehelp dat ek in daardie stadium as vryskutjoernalis van die huis begin werk het en net soms op kantoor is by Homebrew Films. Ons het ook baie oor die foon gesels, of ek sou gou by hom aan huis stop. Ek het sy stem dus dikwels gehoor, en soms met die skryfwerk letterlik my oë toegemaak om dit te kon "hoor".

Hy het 'n baie kenmerkende manier van praat en Afrikaans gebruik, wat my in 'n groot mate herinner aan sekere skrywers wat in my jeug by ons aan huis was. En dalk was die intimiteit ook die gevolg van ons al twee wat alleen by ons huise was en dikwels snags gekommunikeer het. Ek het ook baie lief vir hom geword, en ek dink hy het waardering gekry vir my.

HL: Het julle nie soms hartseer of melankolies geraak nie? As ʼn mens so in die verlede ronddelf, kan ʼn mens mos maar hartseer raak. Terloops, dalk is hierdie twee vrae: Die gevaar met so ʼn werk is dat dit maklik in goedkoop sentimentaliteit kan verval. Nêrens gebeur dit egter nie. Hoe het julle dit reggekry?

ER: Nee, dit het nooit gebeur nie. Peter was trouens soms té nugter, soos in sy aanvanklike slothoofstuk. Ek het vir hom laat weet nie hy óf die boek verdien so 'n kriptiese slot nie en 'n voorstel gestuur van wat ek soek. Maar ja, dit het my weemoedig gestem om oor mense, plekke en ervarings te lees waarvan baie aan my bekend was deur my ouers. Dan weer was die stof só ryk dat dit my – en waarskynlik vir hom ook – groot plesier gegee het om dit in woorde vas te lê.

HL: Ek is baie bly Peter se ryk lewe en stories is einde ten laaste vertel. Hy is ook ʼn ongelooflike raconteur. Wat is hierdie boek se bydrae tot ons kultuurgoed? En hoekom moet mense dit gaan koop?

ER: Die kombinasie van nostalgie, humor en staaltjies maak dit gewoon 'n meesleurende en vermaaklike leeservaring. Maar dan glo ek – en nog méér so noudat die boek klaar is en die helfte eintlik nog nie vertel is nie – dat Peter in Wat die hart van vol is die eerste skrywer is wat die ontwikkeling van die Afrikaanse verbruiker se smaak in, genieting van en voorbereiding van kos dokumenteer – van ’n tyd toe Suid-Afrika afgesluit was van die buiteland en buitelandse invloede, tot vandag waar ons restaurante internasionaal meeding.

Daar is 'n onder meer 'n weggooi-opmerking van hoe vandag se "vars bessies, groot verskeidenheid tamaties en sampioene, klein jonggroente, spruite, mikro-slaaiblaartjies en -kruie, en spesialiteitskase" gewoon nie beskikbaar was nie, en ontwerpers soos Villeroy & Boch wat vir die eerste keer begin eetware invoer het.

HL: Wat is die lekkerste dis wat jy al by Peter geëet het?

ER: Ek het, soos my pa, 'n swakte vir bobotie en hy het 'n klein bobotie-soufflé as voorgereg by Emily's bedien wat 'n happie hemel was. Maar in die boek het ek deurgaans "saamgeëet" tot by die punt waar ek permanent honger was. Hy skryf in 'n stadium hoekom hy dink yskastert is so 'n onderskatte lekkerte en gee terstond sy resep daarvoor. Om nie te praat van die Oostenrykse koffiekoek wat jy as nagereg met geklopte room bedien nie ...

HL: Elmari, dankie. Is daar dalk iets wat jy wil byvoeg? En met hierdie puik produk nou in jou hande, is daar nog waarna ons kan uitsien?

ER: Die Woordfees kry nou eers voorkeur, maar daarna sou ek bitter graag weer so 'n projek wil aanpak. Dit sluit baie nou aan by wat vir my altyd die lekkerste by tydskrifte was: om die engel in die klip te sien en dit as 't ware daar uit te wikkel!

***

Peter Veldsman (foto: YouTube)

HL: In die boek kom heelparty interessante en kosbare woorde voor wat ek in my rubriek Woorde wat wip in Rapport gebruik het. Ek het vir Peter gevra wat sommige van hulle beteken. Hier is hulle nou vars uit die perd se bek.

Peter, wat is fluweelkluitjies?

PV: Fluweel in die kookkuns verwys na ʼn sagte tekstuur – glad, romerig, smelt-in-die-mond, teenoor kluitjies wat growwer in tekstuur is, digter en na doodgooi se kant beweeg. Geklitste eierwit maak ligter – ons eeu-gelede molekulêre kookkuns!

HL: Wat is wasgoedbondeltjies?

PV: Suurroomdeegvierkante gevul met geurige maalvleis, punte bymekaar gebring, vasgesteek met kruienaeltjies en gebak.

HL: Skinderpoeding (later ook telefoonpoeding genoem)?

PV: Hierdie is iets wat my baie na aan die hart lê. Dit vertel die verhaal van ons land. Gebakte poedings is vanaf die volkstigting met ons en is ná die tweede Britse besetting versterk. As preservering (ek verkies die woord bewaringsmiddel) is vet, sout en asyn ruimskoots gebruik.

Die eerste van die gebakte poedings was broodkrummels wat met eiervla gebak is (voorganger van brood-en-botter-poeding) waarby allerhande byvoegings (rosyne / sultanas / korente / gedroogde en/of ingemaakte vrugte) gevoeg is.

Dadels het vir ʼn bruin weergawe gesorg. Asynsous het ʼn omhulsel geword en het gesorg dat die poeding in grootmaat gemaak kon word, want dit kon dae later nog gebruik word.

Die mense het sosiaal verkeer deur besoek af te lê. Tydens die besoeke is daar oor landbou, gesondheid, welstand ens gepraat. Daar is ook geskinder en die dames het graag resepte bespreek. Dikwels met ʼn bietjie skinder daarby oor so-en-so se weergawe. Met die koms van die telefoonlyne na plase is daar heerlik geskinder en het “skinderpoeding” “telefoonpoeding” geword.

  • Wat die hart van vol is: Herinneringsreise van ‘n fynkok Peter Veldsman. Met Elmari Rautenbach. Uitgewer: Penguin. Prys: R220. Klassifikasie: Outobiografie/Kos.

The post Onderhoud: Wat die hart van vol is appeared first on LitNet.

Onderhoud oor Hartskombuis: Boerekos van die Anglo-Boereoorlog tot vandag

$
0
0

Hartskombuis: Boerekos van die Anglo-Boereoorlog tot vandag
NB-Uitgewers
ISBN: 9780624072034

Vicky Heunis gesels met Naomi Meyer oor Hartskombuis: Boerekos van die Anglo-Boereoorlog tot vandag

Hallo Vicky, jy is betrokke by die Oorlogsmuseum en is een van die hoofsamestellers van Hartskombuis. Handel die boek oor Boerekos tydens die Anglo-Boereoorlog?

Hallo Naomi. Dis heeltemal korrek. Ek is die versamelingsbestuurder by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein en was gedeeltelik betrokke by die samestelling van Hartskombuis.

Elria Wessels, vorige senior navorser by die Oorlogsmuseum, het in 1994 die eerste uitgawe van Boerespyse die lig laat sien. Sy het gepoog om ’n tradisionele kookboek daar te stel wat hoofsaaklik geregte bevat het wat voor, tydens en na die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) in die binneland (dus die voormalige Oranje-Vrystaat- en Transvaal-Republieke) van Suid-Afrika voorberei is.

Jong dames van weleer is nie net onderrig in lees, skryf, rekenkunde en musiek nie, maar moes ook vaardig wees in die kookkuns. Geen meisie is as hubaar beskou as sy nie kon brood bak en vleis bewerk nie. Die enkele Nederlandse kookboeke wat bestaan het, het in onbruik geraak. Daar is al hoe meer van tradisionele Suid-Afrikaanse geregte gebruik gemaak, waarvan resepte nêrens in gedrukte vorm verskyn het nie. So het die tradisie van die “handgeskrewe resepteboek” sy verskyning gemaak en is resepte van geslag tot geslag oorgedra. In 1890 is die eerste druk van mev EJ Dijkman se Kook- Koek- en Resepteboek in sy eiesoortige Afrikaans gepubliseer. Na 1900 sou heelwat meer kookboeke verskyn, soos die Oranje Kook-, Koek- en Receptenboek voor Zuid-Afrika deur mev DJH, waarvan die tweede druk in 1909 uitgegee is. Van dié resepte is dan ook in hierdie publikasie opgeneem.

Wessels het tydens die samestelling van die eerste publikasie ook waardevolle hulp ontvang van die luisteraars van Vrouefokus, wat talle handgeskrewe resepte verskaf het. Sy het ook onder andere toegang gehad tot die versameling kookboeke van die Steyn-familie van Onze Rust en handgeskrewe resepte van mev Tibbie Steyn (eggenote van president MT Steyn).

Die kookboek Boerespyse was so gewild dat dit ses keer deur die Oorlogsmuseum herdruk is. Uiteindelik was daar nie meer die nodige fondse om die boek te laat druk nie, maar die aanvraag na die boek het nooit opgehou nie. ‘n Paar jaar gelede het ons saam met Tafelberg Uitgewers aan ‘n ander publikasie gewerk en die moontlikheid om die kookboek te herdruk, maar met ‘n nuwe aanslag, is bespreek. Dis waar Hartskombuis sy ontstaan gehad het.

‘n Resepteboek oor kos tydens die Anglo-Boereoorlog! Maar hoe rym dit? Was die meeste vroue en kinders dan nie uitgeteer in konsentrasiekampe nie?

Die Anglo-Boereoorlog het soveel fasette gehad. Aan die begin van die oorlog was daar ‘n groter verskeidenheid van vrugte, groente, vleis, pluimvee ens beskikbaar. Namate die oorlog gevorder het, het die voedselvoorrade en bestanddele ook begin kwyn. Daar was vrouens in die dorpe en stede soos Pretoria en Bloemfontein wat bestanddele meer geredelik in die hande kon kry. Tog het duisende vrouens en kinders in die konsentrasiekampe beland. Toestande in die konsentrasiekampe was haglik en die vrouens het steeds gepoog om met die karige voedselrantsoene tot hul beskikking ‘n maaltyd vir hulle gesinne voor te berei, soos om pap te maak (ble 58–60) of brood te bak (35). Baie vroue het opgemerk dat die “kos te min was om van te leef, maar te veel was om van te sterf”. (Sien die gedeelte oor toestande in die konsentrasiekampe op ble 15–16.)

Is Hartskombuis net ‘n kookboek wat resepte bevat?

Hartskombuis is baie meer as net ‘n kookboek wat tradisionele resepte bevat. Die Anglo-Boereoorlog en sy nagevolge het ‘n groot invloed op ons tradisionele kooktradisie gehad. Hartskombuis is ‘n unieke kookboek met staaltjies, brokkies geskiedenis, foto’s van hedendaagse historiese herlewing, asook foto’s van huisraad uit dié periode. Die inligting en foto’s is tussenin die resepte verweef om sodoende ‘n stukkie nostalgie aan te wakker en hulde te bring aan die ryk erfenis wat ons voorouers nagelaat het.

Vrystaatse krummelpap, Hartskombuis, bladsy 60 (resep heelonder)

Die eerste resep in die boek: anysbeskuit; die eerste bestanddeel: kitsgis. Kom ons praat net gou oor moderne versus destydse bestanddele. Het die samestellers van die boek analogiese produkte gesoek wat vandag se moderne lesers kan gebruik, of is hierdie werklik produkte en bestanddele wat destyds gebruik is?

Daar is sover as moontlik gebly by die tradisionele bestanddele. Om praktiese redes is daar hier en daar wel afgewyk van die tradisionele bestanddele, wat vervang is met analogiese produkte om dit meer gebruiksvriendelik te maak vir die moderne gebruiker, soos die gebruik van kitsgis in plaas van suurdeeg. Botter is deurgaans wel gebruik – dit staan die moderne leser egter vry om dit met margarien te vervang.

Die ABO se mense het nie moderne kombuisapparaat of stowe gehad soos vandag nie. Hoe versoen mens die elektriese kombuis van vandag met destyds se kombuisomgewing (prakties)?

Die elektriese kombuis van vandag is baie gerieflik en tydbesparend. Tog was daar vernuwende kombuisapparaat wat destyds ontwerp is om sekere prosesse te vergemaklik. Op bl 31 is daar byvoorbeeld ‘n foto van ‘n koffierooster wat gebruik is om koffiebone egalig te rooster. Dit was egter nog steeds ‘n tydsame proses en het handearbeid geverg.

’n Probleem wat oorkom moes word, is dat die imperiale mate en die metrieke mate nie ooreenstem nie. Daar is gepoog om metrieke mate by al die resepte te voorsien en dit is in sommige gevalle slegs benaderd waar omskakelings wel gedoen is.

Smaak verskil. Of hoe? Vandag se mense is meer gesofistikeerd in hul smaak, ken kosse uit verskillende lande. Is die kos in hierdie boek lekker vir ‘n moderne fynproewer?

Vir seker is die kos lekker vir die moderne fynproewer ook. Moderne kokke erken dikwels dat indien hulle ‘n herinnering by hulle gaste kan opwek, dan is hulle gereg ‘n treffer. Die meeste van ons het met die tradisionele disse en geregte in die kookboek grootgeword en dit bring dikwels ‘n herinnering van een of ander aard op. Die disse bevat bestanddele waarmee ons vertroud is en baie van die disse word vandag nog steeds in talle huishoudings gemaak.

Mans en vroue het verskillende oorloë beleef, of hoe? Bevat hierdie boek resepte uit vroue se kombuise – of ook kosse wat mans in die veld of elders, te midde van die oorlog, voorberei het?

Die boek bevat resepte uit vroue se kombuise asook geregte wat te velde voorberei is. Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog op 11 Oktober 1899 was die burgers op kommando aanvanklik goed voorsien van voedsel. Met die verloop van die oorlog het kosvoorrade egter al skaarser begin raak, veral weens die toepassing van die verskroeide-aarde-beleid waardeur meer as 30 000 plase totaal vernietig is. Die begin van guerrilla-oorlogvoering het beteken dat Boeremagte vinnig en lig moes beweeg. So moes daar ontslae geraak word van swaargelaaide proviandwaens wat bewegings kon belemmer. Dit het beteken dat voedselreserwes in ‘n saalsak moes kon inpas. Biltong (64) en stormjaers (73) was gewild omdat dit nie gou bederf het nie. Met die verloop van die oorlog het die Boere vindingryke maniere bedink om hulle kwynende proviand aan te vul. So byvoorbeeld is mielies en selfs wortels van die witgatboom as alternatiewe gebruik vir koffiebone. Sien gerus ook die resep vir ‘n unieke gereg, kommandorys, op bl 112. Die verlange na hul vaderland het krygsgevangenes in Ceylon, Bermuda, Indië en op St Helena aangespoor om tradisionele geregte voor te berei en daarom is talle pannekoek- en gemmerbierstalletjies (172 en 122) in die kampe deur entrepreneurs begin.

Hertzoggies, Hartskombuis, bladsy 160

Watter soort kosse het die mense tydens die ABO oorwegend geëet? Vleis, stysel, soetigheid?

Vleis was definitief een van die hoofkossoorte gedurende die oorlog. Alle soorte vleis is geëet en op verskeie maniere voorberei. Op ble 48–9 en 100–1 word uitgebrei oor die beskikbaarheid van vleis sowel as bykosse gedurende die oorlog. Na die vredesluiting op 31 Mei 1902 was die twee republieke in armoede gedompel en was daar ‘n groot skaarste aan voedselbronne. Namate toestande verbeter het, het soetigheid weer op die voorgrond getree en het veral Afrikaner-patriotisme neerslag gevind in die benaming van nageregte en fyngebak, soos die President Steyn-koek (164), die Generaal de Wet-koek (162), Hertzoggies (160) en Generaal Smuts-koekies (156).

“Die geskiedenis was nog nooit so verteerbaar nie,” staan op die flapteks. Wat dink jy verklap die kos van die mense wat dit geëet het?

Die kos dui op die deursettingsvermoë en vernuwingsvernuf van die mense om voor, tydens en na die oorlog deur dik en dun nog steeds hulle lewensbestaan te kon voer met die voedselbronne tot hulle beskikking.

Wat is jou gunstelingresep in die boek? Sal jy dit asseblief kan deel?

Vrystaatse krummelpap met kaiings op bl 60.

Krediet: Hartskombuis, bladsy 60

The post Onderhoud oor Hartskombuis: Boerekos van die Anglo-Boereoorlog tot vandag appeared first on LitNet.

Gelukstrekking: NB-kookboeke vir Kersfees – wenner aangekondig!

$
0
0

Die wenner van die boekpakkie is Marlené Veldman; baie geluk!

kookboekeomtewen_gelukstrekking

 

Wil jy vier lekker kosboeke vir jou Kerskous wen? LitNet gee, in samewerking met en met die komplimente van NB-Uitgewers, een geskenkpakkie van vier smaaklike kookboeke weg. Die boeke ter sprake is:

een - pot / pan / bakplaat
Mari-Louis Guy & Callie Maritz
NB-Uitgewers
ISBN:  9780798171373

A year of seasonal dishes
Food & Home Entertaining
NB Publishers (Human & Rousseau)
ISBN: 9780798171892

Suid-Afrikaanse kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteite
Hilda Lategan
NB-Uitgewers (Tafelberg)
ISBN: 9780624072331

The Cookbook
Your Family
NB Publishers (Human & Rousseau)
ISBN: 9780798171885

Al wat jy moet doen om hierdie boeke te wen, is om jou naam, posadres en telefoonnommer vir wen@litnet.co.za te stuur. Die titel van jou e-pos moet wees: "Gelukstrekking: NB-kookboeke vir Kersfees". Jou inskrywing moet ons teen 22 November 2016 bereik. Die wenner sal deur middel van 'n gelukstrekking bepaal word.

The post Gelukstrekking: NB-kookboeke vir Kersfees – wenner aangekondig! appeared first on LitNet.


Boekresensie: De Vette Mossel deur Niël du Bois

$
0
0

vettemosselDe Vette Mossel – al die geheime van De Vette Mossel-seekosrestaurante ...
Niël du Bois
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798169530

Niël du Bois is ’n charismatiese, plat-op-die-aarde Weskusboorling en stigter van die oorspronklike De Vette Mossel-seekosrestaurant in Grootbrak. Sedert die opening in 2004 is daar vandag ook De Vette Mossel restaurante in Hartbeespoort, Parys en Nelspruit waaroor Niël  persoonlik toesig hou.

De Vette Mossel is Niël se tweede boek waarin hy heelparty van sy geheime weggee: “Ek gee nie om nie. Kosmaak se hoofdoel is om mense gelukkig te maak. Dis ’n liefdestaak, ’n bevrediging van jou kreatiewe kant en sommer net lekker. Veral met ’n glas of twee van die Kaap se heel beste.”

Niël se styl is eg onopgesmuk Weskus – “sonder tierlantyntjies en fieterjasies”. Want, sê hy, die Weskus is nie vir sissies nie en dit kan maar lekker onbeskof wees – die weer, die natuur en die Weskusklonge. Die son is genadeloos, die water is ysig en die wind is meedoënloos. Maar vir diegene wat die plek en sy skatte verstaan, is dit ’n paradys.

Niël se stem is deurgaans helder hoorbaar in sy boek. Hy vertel van sy roekelose see-avonture as jongeling, hy gee raad vir seesiekte, hy leer jou van ware Weskusgesegdes (“sy het ’n hangpens soos ’n resiesgaljoen”) en vertel presies hoe om ’n snoek te braai. In die bykans 15 hoofstukke kan jy enigiets teëkom van Weskusgeskiedenis en hoe om seeskulpe as kookpotte te gebruik, tot hoe om te toets of vis vars is, snoekstories, rookwenke, kreefduikstaaltjies en bykosse.

As jy jou neus optrek vir spensbestanddele, moet jy dalk anderkant kyk wanneer Niël sy resepte deel. Hy kook graag met tamatiesous en mayonnaise, met soppoeier en cheddarkaas. Verder is sy resepte eenvoudig: hy gebruik vars kruie, baie botter en hope vars seekos. Resepte wat uitstaan is Jannie se kreefkerrie (’n souserige spulletjie met brandrissie, room en port), Thai-groenkerriegarnale (met komyn, muskadel, appelkoossap en klapperroom), Antie Pine se viskoekies (met snoek, aartappel, pietersielie en rooipeper), kerrievis (met appelkooskonfyt, borrie en sultanas) en potbrood (sommer lekker donker gebak, met hompe botter).

Die foto's is nie altyd van goeie gehalte nie, maar sommige disse is wel professioneel gestileer en pragtig gefotografeer. Saam met die stories sien jy ook foto's van gaste en aanhangers wat van oraloor saamkuier by De Vette Mossel-restaurante en kry jy amper daai ware Weskusgevoel deur net daarna te kyk: sand onder jou voete, seelug in jou neusgate.

De Vette Mossel is ’n seekosresepteboek, maar ook ’n Weskusleesboek. Die staaltjies sal jou laat glimlag en die gedeelde kennis sal vir seker enigiemand meer behendig agter die seekospotte maak. Hierdie boek is nie vir snobs nie, moet dus nie ’n moderne aanslag verwag nie. Dis eerlik Weskus en ’n weerspieëling van ’n kosbare, klein, Suid-Afrikaanse subkultuur.

The post Boekresensie: De Vette Mossel deur Niël du Bois appeared first on LitNet.

For Friends & Family deur Nicky Stubbs: ’n resensie

$
0
0

For Friends & Family
Nicky Stubbs
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798171250

Nicky Stubbs, die bemarking- en verkoopsbestuurder by NB-Uitgewers, het onlangs haar eerste kookboek gepubliseer via Human & Rousseau. Haar kleurvolle loopbaan sluit ’n Cordon Blue-kookkursus in, asook ervaring as spysenier, restaurantbestuurder, kookklasaanbieder en joernalis. Haar selferkende passie vir familie en vriende is die dryfkrag agter haar boek For Friends & Family.

Met die eerste oogopslag is Nicky se boek ’n herinnering aan ouwêreldse huislikheid met die tekstuur van ’n gedrukte tafeldoek op die omslag asook ’n nieperfekte pavlova vol pragtige krake, versier met vars vye, room en stroop. Vir ’n oomblik is ek huiwerig oor wat ek binne sal vind, want so baie skrywers se eerste kookboek is ’n valerige verhaal van die disse wat hulle graag tuis bedien – ’n herhaling van honderde ander se gunstelinge, niks nuut nie, niks vars nie. Tog is daar ’n spesiale “sjarme” of bekoorlikheid aan ’n kok wat klassieke resepte eer en jou ’n versameling van die lekkerste huiskosdisse kan bied op ’n manier wat ander nie kan nie: onintimiderende gunstelinge wat in elke Suid-Afrikaanse huiskok se arsenaal behoort te wees.

Nicky se keuse van resepte sal vir seker baie harte verower, al dink jy dalk met die eerste oogopslag dat dit bloot té bekend lyk: van bobotie en viskoekies tot karringmelkbeskuit en melktert, van hoenderlewerpatee en gebakte aartappels tot beesstert en bolognaise. Sy sluit ook internasionale klassieke geregte in, soos geroosterde bief met Yorkshire-poedings, paella, hummus, bruschetta en crème brûlée. Sy noem haar ma en ander familielede op die naam as dit kom by Diana’s chocolate cake, Lindsay’s quick & easy seed loaf, (Victoria’s) cabbage salad, en Gogo van der Riet’s Christmas cake. Familiefoto’s uit haar kinderdae verleen ’n ekstra skeut nostalgie en jy kan die onopgesmukte samesyn sien – dis ware familieresepte vir hegte familietye om tafels oraloor.

Soos Nicky sê: die boek is ’n liefdeslied aan haar familie en vriende saam met wie sy geleer kook het en saam met wie sy aanhoudend kreunende tafels gedeel het. Haar kinderdae en grootwordtye draai rondom die kombuis, rondom familieresepte en rondom vrygewige samekomste. Sy het as kind die skoonheid van plaasmelk en -botter ontdek op hul kleinhoewe (hulle het altyd ’n koei gehad) en het help ertjies en wortels pluk uit haar ouma se groentetuin in Kokstad. Dis somtyds die nostalgiese rituele van Aga-stowe, Kersfeesreuke en deegbakke uitlek wat mense verlief maak op die heilsaamheid van kosmaak vir jou geliefdes.

Jy sal jou familie en vriende baie gelukkig maak deur vir hulle uit Nicky se boek te kook. Die stadig-geroosterde lamsboud met baie knoffel, roosmaryn en rooiwyn lyk hemels (dit kook 10 ure teen 120°C); die aartappelslaai met hardgekookte eier en agurkies laat my mond water; en die gebakte soetpampoen met kaneel, bruinsuiker en lemoen het daai donker rande wat jy weet gaan soos karamel in jou mond smelt. Nicky se rocky road laat my planne maak vir ’n skaamtelose soet aand voor die TV en haar donker brownies se klam tekstuur lyk soos iets uit my drome. Sy herinner my dat Bar-One-sous bestaan (wanneer laas het jy dit geproe?) en dat amper almal hou van blatjanghoender met ’n skelm soppoeierpakkie ingemeng (al is jy ’n snob). Na ek die boek deurgeblaai het, is ek lus vir outydse frikkadelle, broccoli met kaassous en pangebraaide mieliekoekies. Wil jy nou meer.

Elke resep het ’n pragtige volbladfoto (fotografie deur Myburgh du Plessis, Pippa Hetherington en Diana Stubbs). Die kos lyk absoluut heerlik (voorberei deur Tani Kirsten, stilering deur Caro Alberts) en die resepte is deurgaans toeganklik en doenbaar. Ek wens ek was ’n gas aan Nicky Stubbs se tafel, want haar boek spreek boekdele van hoe sy met liefde, talent, toewyding en vrygewigheid onthaal.

Foto van Nicky Stubbs: Pippa Hetherington

The post For Friends & Family deur Nicky Stubbs: ’n resensie appeared first on LitNet.

VraNet: Nuttige wenke vir kosmaak

$
0
0

Het jy al ooit gewonder oor versekering, visums, begrotings, werksonderhoude en volwassenes se ander vreugdes, frustrasies en verantwoordelikhede? Het jy al gewens vir raad wat op Suid-Afrikaners gemik is, en nie op ’n jong volwassene in ’n ander land en ander konteks nie? LitNet wil jou help om die gaping tussen kindwees en volwassenheid te oorbrug deur namens jou vir mentors raad en praktiese wenke te vra oor verskeie kwessies. Soek jy raad oor iets spesifiek? Stuur jou versoek aan vranet@litnet.co.za.

Liné Enslin vra vir sjef Francois du Preez om ’n paar praktiese wenke te gee vir kosmaak en onthaal te midde van besige lewenstyle en belde wat letterlik en figuurlik al hoe stywer vasgemaak moet word.

Watter bestanddele behoort elke jong volwassene wat miskien vir die eerste keer hul eie kos moet voorberei, altyd in hul kombuiskas te hê?

Jy sal altyd pasta in my koskas vind, geblikte tamatie en natuurlik ’n ui. As jy hierdie drie bestanddele het, het jy ’n ete. Maak maar die sakkies sout, peper en sousies bymekaar wat mens by die wegneemete-plekke kry, want dit kan nuttig te pas inkom om jou pasta op te kikker.

Watter toebehore (soos ’n handklitser of broodplank) is noodsaaklik?

Soos met versekering, belê in ’n goeie mes. Dis altyd ’n goeie idee om vir een te skimp wanneer mense vra wat jy vir jou verjaarsdag wil hê. Onthou net, mens vat nooit ’n mes sonder om ’n ruildingetjie daarvoor te gee nie. Dis ’n ouvroustorie, maar ek het dit nog nie gebreek om uit te vind wat gebeur nie. Ek wil ook nie die kans waag nie.

Natuurlik is ’n menger ook nuttig, want jy kan eindelose tyd spaar, en ook baie geld op vermorsing.

Watter basiese tegnieke moet mens onder die knie hê om lekker kos voor te berei? Ek dink nou byvoorbeeld aan rys kook en ’n witsous maak.

’n Basiese tegniek is om te leer hoeveel van wat om mee te begin. ’n Pot vol rou rys in kookwater is nie genoeg vir twee mense nie, maar vir 20. Dis ook belangrik om te weet hoe om kos op ’n smaaklike wyse te kan rek om ’n klomp vriende op ’n minimale begroting te kan voer.

Tegnieke in die kosbedryf is ’n geweldig wye veld. Wanneer dit kom by souse soos witsous, is geduld van belang. Vir alles wat gewoonlik tyd en geduld verg, is daar ’n vinnige tegniek en oplossing, maar jy boet in met die smaak van jou gereg.

Enige tegniek word bemeester met liefde vir kos. As jy kos met liefde voorberei, gaan jy altyd jou gaste “wow”!

Die hoeveelheid skottelgoed wat na die kosmaakproses of onthaal van gaste oorbly, ontmoedig baie mense om self kos te maak. Die gevolg is dat mense al meer uiteet (wat op sigself finansiële implikasies het) of hul wend na maklike, maar ongesonde, kos. Het jy enige raad? Is papierborde die enigste uitweg?

Hier in die Kaap is water goud werd op die oomblik en het ons aangepas daarby. Ek het ’n wasbak met sterk warm water, skottelgoedseep en ’n kwartkoppie bleikmiddel altyd gereed wanneer ek begin kosmaak. Soos wat ek bakkies en eetgerei gebruik, spoel ek dit in die warm water af. Wanneer daar ’n ruskansie is, pak ek gou dit wat droog is, weg. Daar is niks so lekker soos wanneer almal klaar gekuier het vir die aand om in te spring en saam die skottelgoed te was nie. Daarna kan ons ’n lekker soetwyntjie geniet en kan ek my gaste bedank vir hulle “harde werk” met ’n heerlike koffie en sjokolade voor hulle vertrek.

Mense se lewenstyle raak al hoe besiger, en veral wanneer mense studeer of pas begin werk het, sukkel hulle om aan te pas by die lang ure en min vrye tyd. Tyd vir kosmaak word dus baie min. Is daar praktiese dinge wat mens kan doen om die voorbereidingstyd te verkort?

  • Ek het altyd ’n muffinmengsel in my yskas wat vir 30 dae hou. Dit raak ’n oggendritueel: maak koffie, sit die oond aan, vul twee muffinholtes met my mengsel en druk neute, rosyne, muesli of vars vrugte in. Na my koffie is die oond gereed en wanneer ek klaar gestort het, is my muffins reg. Pannekoeke en pitabrode werk goed vir ’n vinnige vulsel, gerasperde kaas en ’n vinnige besoek onder die rooster.
  • Haal jou vleis die vorige aand uit, laat dit ontdooi en vryf speserye die volgende oggend in. Dit marineer en maak die vleis lekker sag. Wanneer jy by die huis kom, bespaar dit klaar tyd en kan jy dit net gaarmaak.
  • Aartappels kan jy voor die tyd skil en in koue water laat lê tot jy dit benodig die volgende dag of dieselfde dag. Moet dit nooit langer as twee dae in koue water hou nie.
  • Sorg dat jou potte reeds op die stoofplate staan alvorens jy gaan begin kook.
  • Sit altyd jou plaat op hoog en sodra dit wat in die pot is begin kook, draai jy die plaat na ’n laer temperatuur. Moenie begin kook op ’n lae temperatuur nie – dit gaan ’n ewigheid neem.
  • Groot vleisstukke kan jy al die oggend in die oond sit teen 100°C en met foelie bedek. Wees net gewaarsku – jou maag gaan jou slukderm begin aanval van daardie lekker reuk wanneer jy die middag jou voordeur oopmaak.

As jy ’n streng begroting het, wat deesdae noodsaaklik is, watter besparingstegnieke kan jy toepas om gesonde en heilsame maaltye te geniet sonder om bankrot te raak en die res van die maand two-minute noodles te eet?

  • Kyk uit vir spesiale aanbiedinge by groentewinkels. Onthou egter dat dit wat op spesiale aanbieding is, nie ’n lang raklewe het nie – jy sal dit so gou moontlik moet verwerk. Daarvoor het jy ook vriesspasie nodig.
  • Vervang botter met harde margarien vir bakdoeleindes. Vries al jou afvalskille in een sak tot jy genoeg het en kook dan ’n lekker aftreksel daarmee wat jy vir allerhande geregte kan gebruik. Jy kan alle groente-afval vries, behalwe uie en aartappels.
  • Moenie ou brood weggooi nie. Rooster dit en maak krummels. Jy kan enige maalvleisdis daarmee rek sonder om die smaak te beïnvloed.
  • Hou bottels met skroefdeksels in jou kas. Jy kan alles wat oorbly, bottel en in die yskas bêre vir later.
  • Die belangrikste is om seker te maak dat jy net koop wat jy gaan nodig hê. Maak vir gaste individuele slaaitjies in nageregbakkies om vermorsing te voorkom. Maak jou vleisporsies kleiner en jou verskeidenheid groente meer.
  • Heerlike voedsame sop is goedkoop en jy kan ’n paar variëteite met een kooksel maak.

The post VraNet: Nuttige wenke vir kosmaak appeared first on LitNet.

Boekbekendstelling: Deeg deur Theresa de Vries

Ou stokke, diep wyn

$
0
0

Ouwingerd is ’n term wat al hoe meer aftrek kry by wynmakers en -liefhebbers. Gerrit Rautenbach is onlangs genooi om ’n klompie wyn van uitgesoekte ou wingerde te proe. Dit was aangebied deur die Ouwingerdprojek en hulle het ’n storie te vertel.   Foto's: Naomi Bruwer

De Warenmarkt in Stellenbosch is ’n spesiale plek. Veral op ’n aand soos vanaand, dink ek terwyl ek by hul wynkroeg genaamd Simon instap. Dis die aand van die grotes. Ek is genooi om baie spesiale ou wingerde se wyne te kom proe. Daar is heelwat ou knoetse van ouer as ’n eeu in ons wynland.

Dis heilige bottels wat daar uitgestal staan. Mens wil hulle eintlik eerder kruike noem. Groot geeste is daarin vasgevang. Wat wyn, gemaak van ou wingerd, so spesiaal maak, is dat die stokke ’n lang storie het om te vertel. Knoetserig staan hulle daar na baie sonskroei en deurwintering. ’n Toonbeeld van gravitas. Hulle is ’n tydkaart van die aarde waarin hul staan. Mens dink aan ervaring, wysheid ... Daar is die verwronge, growwigheid van die ou wingerd wat al lankal moes dooi, maar wat vasklou om net weer nog ’n keer hul vreugde aan die mens te verskaf. Die beste manier is om hulle met ou mense, wyses wat weet, te vergelyk. Daar’s heelwat van hulle vanaand.

Om mee af te skop is daar ’n tafel met die goddelikste oesters en Chevallerie se Filia Kap Klassiek, gemaak van ou wingerd uit die Paardeberg. Terwyl ek naderstap is ek oortuig ek hoor vir Ernest Hemingway: “As I ate the oysters with their strong taste of the sea and their faint metallic taste that the cold white wine washed away, leaving only the sea taste and the succulent texture, and as I drank their cold liquid from each shell and washed it down with the crisp taste of the wine, I lost the empty feeling and began to be happy and to make plans.”

F Scott Fitzgerald laat nie op hom wag nie: “Too much of anything is bad, but too much good bubbly is just right.”

Groot geeste, sê ek jou. So staan hulle uitgestal: Langs Chevallerie se Filia is die 2016 DeMorgenzon Reserve Chenin blanc, 2016 Reyneke Chenin blanc, 2015 Cape of Good Hope Laing Semillon, 2015 Alheit Cartology, 2016 Sadie Family Wines Mev Kirsten, 2016 Kaapzicht Cinsaut, 2009 Kanonkop Pinotage, 2015 Daschbosch Hanepoot.

Die ding is, om ’n ou wingerd te kry om weer en weer nuwe wyn te lewer, beteken geduld. Dis soos om met ou mense te werk. Jy gee hulle nie guarana-energiedrankies nie, jy gee hulle tee. Jy kyk mooi na hulle. Vertroetel hulle en hulle sal gooi. En dit wat hulle lewer is nét anders as wat ’n jong stok lewer. Nie beter nie, net anders. ’n Ander diepte. Vergelyk Ernest Hemingway met enige goeie moderne skrywer. Ja, ’n ander diepte. Vergelyk Nelson Mandela met enige moderne leier ...

Maar die beskerming van ou wingerd is nie ’n nuwe ding nie. Rosa Kruger is ’n wingerdboukundige wat altyd nog ’n passie had vir ou wingerd. Met die draai van die eeu het sy oorsee gereis en vele ou wingerde in Frankryk, Italië, Spanje, Portugal en Argentinië opgesoek. Nadat sy die unieke karakter van elkeen se wyn geproe het, het sy begin wonder oor iets soortgelyks in Suid-Afrika. Waar sou daar nog ou wingerd wees?

In 2002 was sy ’n wingerdbestuurder op Johann Rupert se L’Ormarins en die plaasbestuurders van die Rupert-plase, Chris Loubser en Johan Nel was die eerste om ou vergete wingerdblokke in Skurfberg en Moutonshoek tafel toe te bring. Die proses het begin.

Rosa was nie verniet op L’Ormarins nie. Die Ruperts was nog altyd lief vir die erfenis van ons land. En vir wyn. G’n wonder dan dat Johann Rupert betrokke geraak het om die projek aan die gang te kry nie. Die Ouwingerdprojek het amptelik begin. Na 15 jaar by Wines of South Africa as kommunikasiebestuurder het André Morgenthal ’n nuwe passie gekry vir ou stokke. Saam met Jaco Engelbrecht, ’n jong, babbelende techno-skerp wingerdkundige, is hulle reg om ou wingerde nuwe lewe te gee.   

André Morgenthal

Jaco Engelbrecht

Die doel is om soveel moontlik wingerde ouer as 35 jaar op te spoor en te laat herleef. Daar is meer as 2 600 hektaar wingerd wat in tel is, maar net omtrent 7% is al geïdentifiseer en nuwe lewe gegee. Die res kan enige tyd uitgepluk word, want om ou wingerd te bewerk is nie maklik nie, maar tog kan die eindproduk prysloos wees. ’n Lang pad lê nog voor ...

Daarom is dit so ’n groot voorreg om saam met die groot geeste vanaand om ’n tafel te sit en proe. Elke wyn en sy ou wingerd word mooi geïllustreer deur André en Jaco. Die nege wyne wat ons proe is deel van die piepklein 7% wat al herleef het (sien proe-notas).

Een ding is seker (wel, van my kant af) en dit is dat hierdie wyne nie net vir mondspoel is nie. Aikôna, hulle’s te lekker. Dus is dit goed dat De Warenmarkt se spoggerige kombuis sorg vir goeie hapgoed so tussendeur.

So maak goeie wyn en kos die aand heel te kort. Te gou, te gou dink ek toe ons by die 2015 Daschbosch Hanepoot kom. Ek het al meer as ’n dekade die twakkies gelos, maar met dié warm sonskyn-soetigheid in my mond raak ek skielik lus vir ’n sigaar.

“I neither want it nor need it, but I should think it pretty hazardous to interfere with the indestructible habit of a lifetime,” kry nog ’n grote, Sir Winston die laaste woord in verby sy Monte Christo.

 Groot geeste, sê ek jou. Groot geeste en goeie wyne.  

Proe-notas:

Chevallerie Filia

’n Varsgebakte brioche, lemmetjies en kumkwat word losgelaat uit die fyn mousse met gedagtes van kraakgroen-appels, wit peer en die gissmaak van verlengde bottelveroudering.

2016 DeMorgenzon Reserve Chenin blanc

Daar is wit blomme, steenvrugte, heuning en roosterbrood wat ontplof in ’n oorvloed van peer, lemoenbloeisels, karamel en spesery. ’n Briljante balans tussen geil vrug en kraaklekker suurgehalte.

2016 Reyneke Chenin blanc

Strooigeel in die glas. Vars pallet met pienk appel, sitrus en kumkwat, stervrug, mineraalryke rotsagtigheid met interessante sitrusbloeisels wat lank luier.

 2015 Cape of Good Hope Laing Sémillon

Strooi op die neus, dan lemmetjie en suurlemoen, groen appel en vars kruie. Ryk, groot smaak met ’n pertinente wasagtige gehalte.

2015 Alheit Cartology

’n Wyn met intense geur; ryp peer, heuning en lemmetjies. Daar is ook kruie en blomme – groenment en lemmetjieblare.

2016 Sadie Family Wines Mev Kirsten

Hierdie oesjaar is uiters tropies, groot op steenvrug en sekondêre aromas kom na vore, maar met ’n relatiewe laer alkoholrypheid. Gekombineer met ’n baie vars en volhoubare suurgehalte sorg dit vir ’n soutige afronding en puik tannien.

2016 Kaapzicht Cinsaut

Ryk en helder met indrukwekkende Stellenbosch Cinsaut-ouwingerdkarakter vol soetbessies, olyf en fynbos. Tannien is goed afgerond maar goed vir veroudering.

2009 Kanonkop Pinotage

Vollyf en donkerpers van kleur. Intense vrugtegeure, veral pruim, kersies en piesang. Verouder uitstekend – tot 20 jaar.

2015 Daschbosch Hanepoot

’n Pure vrugstruktuur oorvol sonskyn, die sweet van ’n ou wingerdstok, die laaste somernektar van verrimpelde druiwe. Dit begin met Turkse sultanas voor koel appelkoos oorvat, opgevolg deur ’n sny kweper en laatseisoen kumkwat.

The post Ou stokke, diep wyn appeared first on LitNet.

Luna Paige at Towerbosch Earth Kitchen

Glip deur die tonnel na nuwe wêrelde

$
0
0

Alice het Wonderland ontdek deur in die haas se tonnel af te kruip.

LAPA Uitgewers glo dat ’n jongmens wat leer lees, in Wonderland sal beland en nooit weer sal terugdraai nie. Ons het hierdie filosofie gevolg en RomanzaLiefde geskep. Hoekom? Want dit is een van die beste maniere om jongmense aan boeke bekend te stel.

RomanzaLiefde is lig, dit is soet en dit lees vinnig. Teen net R29,99 per titel is dit boonop uiters bekostigbaar. Elke aankoop het ook ’n bonuskortverhaal by, wat dit nóg lekkerder maak.

Du Toitskloof Wyne borg LitNet se Eerste Slukkie. LAPA is dankbaar daarvoor. Hier klink ons dus ’n glasie op een van hulle rooiwynversnitte. Du Toitskloof Tunnel Sweet Red is een van die beste maniere om mense ouer as agtien aan rooi wyn bekend te stel.

Du Toitskloof Tunnel Sweet Red is sag, dit is soet en daar is baie vrugte op die tong. Dit is boonop uiters bekostigbaar. Mense wat hierdie wyn leer drink, ontwikkel dan geleidelik die smaak om swaarder variëteite te waardeer.

Glip deur die tonnel en laai ’n RomanzaLiefde af op jou foon. ’n Wonderland van lees wag op jou!


Roekelose harte

Marilinda Murray

Koop dit hier: http://bit.ly/2yc7s3J

Net R29,99

Met ’n bonuskortverhaal “Die laaste sê” deur Marilé Cloete

ePub: 978-0-7993-8623-3

Mobi: 978-0-7993-8624-0

EEN

Adéle Dreyer rol haar motorvenster af, maak haar oë toe en asem diep in. “Ruik jy ook die see?”

“Ja!” roep haar vriendin Sonia uitbundig bo die musiek wat in die motor speel. “Hallo, Liedjiesbaai!”

Skielik ruk die kar onder hulle toe die linkerwiel oor die kant van die pad loop. Klein klippertjies slaan teen die bakwerk op.

“Pasop, Sonia! Hou jou oë op die pad.”

Vinnig pluk Sonia aan die stuurwiel en die Volkswagen vind weer die teer. “Jammer! Amper land ons in daardie hospitaal wat ons netnou langs die pad gesien het.”

“Vir die volgende paar weke vergeet jy van hos­pitale, dokter Dreyer,” maan Sonia. Sy klink amper soos Adéle se oorlede ma. “En jy vergeet veral van dáárdie man. Hy is nou uit jou lewe uit. Vir goed!”

Dáárdie man. Marco de Wet. Die ingenieur met wie Adéle drie jaar uitgegaan het. Maar die ver­houding het net mooi nêrens gekom nie. Verlede week nog het hulle weer vasgesit. Dis toe dat sy besluit het dis nou genoeg. Sy was op ’n manier lief vir hom, maar sy gaan nie sy vloerlap wees nie.

“Asseblief, Marco, jy maak dit baie moeilik,” het sy daardie aand in haar meenthuis vir hom gesê. “Ek is al onder genoeg spanning by die werk. Ek kan nie nou nog ’n eindelose stryery ook hanteer nie.”

“Sê maar liewer net jy stel nie belang nie,” het hy haar aangeval. Die groen in sy oë het donker geword.

“Dit voel of dinge buite beheer raak tussen ons. Miskien moet ons mekaar vir ’n ruk nie sien nie en kyk hoe ons dan voel.”

Marco was dadelik op sy voete. “Hokaai net daar, Adéle. Ek ken hierdie praatjies. Wil jy opbreek?”

“Dinge is nie meer dieselfde tussen ons nie.”

“Wat is fout? Ek dink alles is perfek!”

“As jy nie eens kan insien wat fout is nie, is dit beter dat ons elkeen sy eie pad gaan. Vir goed.”

Hy het nog probeer keer, maar sy het haar besluit geneem en haar lewe teruggevat. En nou is sy en Sonia hier, sodat sy van Marco kan vergeet.

“Hei, luister jy wat ek sê?” vra Sonia hard toe sy die musiek sagter draai. “Ek ken daardie kyk in jou oë. Jy dink weer aan hom. Onthou nou, jy is hier vir ’n vakansie. Jou selfoon moet afgeskakel wees. Jou oë mag vir die volgende twee weke net vir die see kyk – en vir enige vuurwarm man wat toevallig voor jou verbyloop.”

“Vuurwarm man?” Adéle lag kliphard. “Geluk­kig is Marco nie hier nie. Hy sou ’n hartaanval kry as hy jou nou kon hoor.”

“Sy naam word ook hierdie vakansie verban,” sê Sonia en kyk Adéle waarskuwend aan.

“Natuurlik. Geen werk, geen selfoon, en geen Marco de Wet nie. Ek verstaan.”

“En sommer ook geen sleepstert nie,” spot So­nia.

Adéle dink nie daar is iets wat Sonia al ooit on­dergekry het nie. Sy sien nie net silwer randjies om donker wolke nie; sy sien silwer wolke. ’n Harts­mens, deur en deur.

“Sjoe, kyk hoe mooi is die plek,” sê Adéle toe hulle die kusdorpie stadig binnery. Liedjiesbaai het tonne karakter. Klein snuffelwinkels, koffiewin­kels en ’n paar restaurante staan al met die strand langs. Verder op teen die heuwel pryk strandhuise, meestal in wit en blou, amper soos ’n Griekse ei­land met Afrika-flair. Voor dit alles blink die In­diese oseaan met sy geelwit strand. Adéle probeer om dit alles in te neem. “As jy so glimlag?”

“Ek is bly jy het my gedwing om te kom. Anders het ek nou nog sleepstert in my meenthuis gesit en myself jammer gekry. Dankie, Sonia.”

“Enigiets vir jou.” Sonia se stem is warm, ern­stiger as gewoonlik. “Nou moet ons net gou die vakansiehuis se sleutel kry voordat ons behoorlik voete op die tafel kan sit en ontspan.”

“Waar het jy nou weer gesê kry ons dit?”

“By ’n oom Lance. Dis iemand wat my broer ken. Die oom kyk deeltyds na die plek, of iets. Hy sal vir ons voor tant Kittie se winkel wag.”

“Tant Kittie? O, daar is dit, sien jy?” Adéle beduie na die plek met die swartbord by die deur. Kom koop by tant Kittie, staan in vrolike letters op die bord. Hulle parkeer voor die deur en klim uit. Adéle is bly sy kan ’n bietjie bene rek. Dit was ’n lang rit.

“Weet jy hoe die oom lyk?”

“Nee, seker maar soos ’n visserman-omie met vuil hare en ’n baard. Ek weet nie.”

Adéle kyk met die winkelstoep af, maar sy sien nie iemand wat aan daardie beskrywing voldoen nie.

“Hy het gesê hy kry ons drieuur,” voeg Sonia by. “Dis nog vyf minute. Kom ons kyk solank wat in die winkel is.”

Saam stap hulle tannie Kittie se winkel binne. Elkeen kry ’n inkopiemandjie by die deur. Adéle glimlag. Sy is mal oor sulke plekkies met alles en nog wat. Tydskrifte by die deur. Handgemaakte kaartjies, kunstige hout-ornamente en speelgoed. Die geur van varsgebakte brood en gemmerbier hang in die lug. Rak op rak pryk met bottels en in ’n yskas is bak­kies kos wat ewe tuis in ’n deftige deli in die stad sou lyk. Adéle se mond water toe sy die vars ciabattas, quiche en kolwyntjies sien. Sy laai ’n paar van elk in haar mandjie.

Skielik stamp Sonia aan haar. “Wees stil, my fladderende hart, kyk net daardie man!” Sy beduie na die ou wat pas by die deur ingestap het. Netjiese bruin hare en broeiende blou oë. Sterk gebou. “Het jy al ooit so iets in jou lewe gesien?” vra sy byna uitasem.

Adéle kyk net vinnig. Netnou dink die ou hulle staar na hom.

“Môre, tannie Kittie,” groet hy die vrou by die toonbank. Sy stem is diep en warm, met ’n effense timbre.

“My jitte, Lance, ek het jou lanklaas gesien. Ek het gewonder of jy nog hier bly.”

“Ek weet, Tannie. Ek is nog maar hier rond. Ek gaan draf elke dag. Verder werk ek.”

Lance? Waar kom Sonia aan die beskrywing wat sy netnou gegee het? Adéle waag weer ’n vin­nige kyk, want sy diep stem roer iets in haar. Op daardie oomblik lig hy sy kop en sien haar ook.

“Is jy dalk Sonia?” vra hy vir Adéle. “Ek moet vir jou ’n sleutel bring.”

“Ek is eintlik, Adéle. My vriendin is Sonia.”

“Aa!” sê hy en vis die sleutel uit sy kortbroek se sak. Hy gee dit vir Sonia, maar sy oë bly ’n oomblik op Adéle draal. “Weet julle waar die huis is?”

“Ons het ’n kaart, dankie,” antwoord Adéle.

Hy glimlag. “Ek hoop julle geniet julle vakansie.”

“Ek is seker ons sal, dankie,” sê Sonia. Sy speel met die sleutel tussen haar vingers, stamp Adéle liggies in die sy.

“Alles is reg by die huis. Ek was vanoggend weer daar om te kyk of die skoonmakers vars beddegoed op die beddens gesit het. Daar is ook skoon hand­doeke. Julle moet net self sorg vir kos.”

“Ons doen dit alreeds.” Adéle glimlag en beduie na die mandjie.

Vir ’n oomblik kyk Lance haar net stil aan. Dan knik hy sy kop asof hy diep dink. “Bel my as julle iets anders nodig het. Of as iets breek. Julle het my nommer?”

“Sonia het dit, dankie.”

“Goed dan. Ek loop weer.” Ewe formeel skud hy eers Sonia se hand, dan Adéle s’n. Sy weet nie hoekom nie, maar dis asof ’n skok meteens deur haar lyf gaan.

Dan ruk sy haar reg. Ja, Lance is verskriklik aantreklik, maar vir hom is sy sekerlik net nog ’n vakan­sieganger. Net nog ’n mooi gesiggie tussen die an­der wat jaarliks op Liedjiesbaai kom vakansie hou.

Boonop is sy hier om van Marco te vergeet, nie om ’n plaasvervanger vir hom te kry nie.


Vir ’n oogwink

Bernette Bergenthuin

Koop dit hier: http://bit.ly/2yBtRbF

Net R29,99

Met ’n bonuskortverhaal “Twee boksies tjoklits” deur Joanna Alexander

ePub: 978-0-7993-8621-9

Mobi: 978-0-7993-8622-6

EEN

Die piek van die swierigste tydperk aan die Ou-Kaap

Duetté, ’n plaas versteek net voor die grense van die Paarl en Franschhoek mekaar ontmoet

“Maar is dit iemand wat ons kan vertrou, Van Dijkhorst?”

Die ouer man vryf ingedagte met ’n duim en voorvinger oor sy welige wit baard. “Het ons ’n keuse, Korte? Nee. Ons het nie.” Hy skuif effe nader en neem ’n teug van die konjak uit die kristalkelk voor hom. “Ek en jy moet tot aansien terugkeer. Ons is nou al vir byna sewentien jaar uitgeworpenes. Dié wat ons kon skade berokken, is oorlede en dié wat ons gaan onthou, wel, ons sal onsself in hulle gedagtes moet herskep voordat enige negatiewe herinnering na die oppervlak dryf.”

Karel Korte lyk kwalik oortuig. “Ons het ’n goeie lewe hier. Ons het ’n werkerskorps, ons het elkeen ’n herehuis, stalle, wingerd, ’n kelder. Die wyn doen goed as deel van die Kaapse Wynvereniging se voorraad. Hierdie trots en soeke na erkenning kan ons duur te staan kom.”

Van Dijkhorst gryns deur sy digte baard. “My vriend, nee, my bróér, jy weet self dat dit nooit genoeg sal wees nie. Voor ek sterf, wil ek weer ’n eerbare, gerespekteerde man in die Kaap en die Bo­land wees. Ek soek terug wat Van der Stel van ons gesteel het, al is dit net vir ’n oogwink.”

Karel draai die konjakglas aan sy steel in die rondte. “Ons moet versigtig wees, Van Dijkhorst. Sodra hulle besef dat ons nie slawe aanhou nie en ons werkers vergoed, is die skrif aan die muur. Jy moet sweer dat jy geduldig sal wees. Versigtig. Jy weet self dat ons in die verlede te maklik vertrou het.”

Van Dijkhorst se gesigsuitdrukking word ern­stig en hy plaas sy hand vir ’n oomblik op sy beste, en dalk enigste, vriend se skouer. “Ek gee jou my woord, Karel. As jy toestem, sal ek my deur jou tydsberekening laat lei.”

Karel Korte dink lank voordat hy antwoord. “Bring Du Pont dan hierheen, oormôre. Ek het tyd nodig om Kassandra voor te berei.”

“Lente, honou, stadiger.” Kassandra Korte trek haar wit Arabier se teuels in. Duetté se werf is ’n miernes van bedrywighede. Die huispersoneel laai goed van waens af en dit lyk asof die totale inhoud van die Korte-woning op die wye stoep uitgepak is. Sy por Lente aan om nader te stap. “En dié, Nooientjie?”

“Jou pa het gebeveel, Kassie. Hierdie huis moet blink. Ons verwag môre ’n besoeker.” Nooientjie beduie dat een van haar seuns Lente se teuels moet kom vashou.

Kassandra spring in een vloeiende beweging flink grond toe. “Ek sal haar koudlei.”

Nooientjie skud haar kop. “Nee, daar is nie van­dag tyd vir manswerk nie. Arend sal dit doen. Ek moet jou in die washuis kry.”

Kassandra voel hoe sy frons. “Wat is aan die gang? En ek kan self was, Nooientjie. Jy het seker genoeg om te doen met die dat Pappa gaste ver­wag.” Wie dit kan wees? Sy lig haar skouers effe. Haar pa en oom Dyk onthaal van tyd tot tyd koop­manne en ou vriende uit die vaderland. Maar die huis is altyd netjies, daar was nog nooit nodigheid om so tekere te gaan nie. Moet dan sekerlik iemand reg uit die Huis van Oranje wees. Sy glimlag skeef. Dit is nogal onwaarskynlik. Pappa sê altyd dat die Huis van Oranje lankal van die VOC en die Hol­landers aan die Kaap vergeet het.Ek weet nie wat aan die gang is nie, Kassie. Moet nou nie vir my moeilikheid gee nie, jou pa is al skuins vandat ek sy koffie vanoggend bedien het.”

Sy tref Karel Korte in die voorhuis aan waar hy tevrede kyk hoe Mien die silwer poets. Hy kyk op toe sy die vertrek binnekom. “Eindelik! Kassandra, daar is iets wat ek met jou moet bespreek, en ek dink nie jy gaan baie daarvan hou nie.”

“Pappa?”

“Sit,” sê hy, besef kennelik dat hy op die enig­ste stoel wat die voorbereidingsessie vrygespring het, sit en gaan haal vir haar ’n stoel op die stoep. “Prinses, jy weet tog teen hierdie tyd dat ons nie ’n normale lewe hier op Duetté lei nie, nè?”

Wat is aan die gang? “Hoe bedoel Pappa? Ons lewe goed, ons het alles wat ons nodig het.”

“My skat, ons is geïsoleer. Duetté funksioneer soos ’n klein rykie op sy eie in die Boland. Toe jy moes skool toe, het ons vir Meester laat inwoon. Ons hou ons eie nagmaal. Ons gaan nie Franschhoek, of – behoede my – Stellenbosch toe behalwe as daar nood is nie. Ons voer ons wyn byna anoniem uit na die KWV in die Paarl. Niemand weet dat dit Hans van Dijkhorst en Karel Korte se oeste is nie.” Hy bly ’n oomblik stil. “Ons is uitgeworpenes aan die Kaap, Kassandra. Adriaan van der Stel het gevoel dat ek en oom Dyk hom verraai het, en ons moes vlug vir ons lewens. Eers nadat hy oorlede is, kon ons dit waag om ons hier op Duetté te kom ves­tig, ver van die hoofpad, maar naby genoeg dat ons sekere voordele van die gevestigde gemeenskappe om ons kan benut.” Hy haal diep asem. “Oom Dyk het by ’n betroubare bron gehoor dat die politieke bestel aan’t verkleur is en dat dit veilig is vir ons om ons weer tot die samelewing te wend. Maar . . .” Hy onderbreek sy eie sin met ’n swaar sug. “Maar ons het ’n grande entrée nodig, soos die Fransman sal sê. Ons benodig jou, Kassandra.”

Sy probeer sin maak uit sy woorde, hoe sy in die prentjie pas en kan help, maar die kloutjie kom net nie by die oor nie. “Ek sal enigiets doen om julle te help, Pappa. Pappa behoort dit mos te weet.”

Haar aantreklike, statige pa lyk ineens oud. “Dit is wat ek vrees, my kind. Wat ons van jou vra . . .” Sy stem sterf in ’n snik weg. “Ons vra álles, Kassandra. Jy moet met die nuwe opkomende jong boer, Jan-Werner Mulder trou. As Mulder jou as vrou neem, is dit soos ’n stempel van goedkeuring op jou ganse familie. Dit sal ’n rukkie duur voor die samelewing aan die Kaap en die Boland twee en twee byme­kaarsit. Intussen sal ek en oom Dyk geleentheid hê om weer besigheidsbande te bou. Wanneer Van der Stel se yl gesaaide aanbidders uitvind dat ons in die samelewing hervestig is, gaan dit te laat wees om iets daaraan te doen. Niemand sal dit waag om ’n skewe woord oor ’n gesiene man soos Mulder, se bruid of haar familie te rep nie.” Hy het vir ’n oomblik meegevoer geraak, maar sy gesigsuitdrukking word weer strak. “Hier kom môre ’n dame inwoon om jou touwys te maak, om jou die fynere kunsies van vrouwees te leer, en om jou voor te berei op die taak om hierdie man se hart te wen.”

“Trou? Tróú!” Dit voel vir Kassandra asof haar hart en haar brein en elke ledemaat aan haar lig­gaam gaan stilstaan het. Trou? Met ’n wildvreemde man? Weggaan van Duetté af? Vir Lente en Nooientjie en haar pa en oom Dyk en alles waarvoor sy lief is, agterlaat vir ’n onbekende toekoms? Skielik voel dit asof haar borstrok haar versmoor. Sy staan te vinnig op en raak duiselig. “Ek . . . Ek het lug nodig.”

Buite torring sy aan die linte van haar rok en daarna die gespes van die onderkledingstuk. Tien asemteue later kan sy weer fokus. Sy is byna agt­tien en sy het nog nooit iets meer van die lewe ver­lang as wat Duetté haar bied nie. Sy het seker op ’n manier geweet dat vrouens en mans mekaar lief­kry, trou, kinders kry. Die plaaswerkers woon met hulle gesinne hier. Vir haar was dit nooit ’n moont­likheid nie. Sy, haar pa en oom Dyk was nog altyd ’n gedugte driemanskap. Nou moet sy haar vir altyd verbind aan ’n man wat sy van geen Adam af ken nie? Haar hart breek in daardie oomblik aan sker­we. Sy kan dit nie doen nie. Sy sal nie. Daar moet ’n ander manier wees. Maar haar pa sou haar nooit gevra het as daar ’n ander uitweg was nie, dit weet sy voor haar siel. Hoe kan sy nee sê? Haar pa en oom Dyk se geluk is tog waarom haar wêreld draai. Moet nie dink nie, Kassandra. Dink is vir mense met opsies. Doen net. Sy stap die huis so vinnig in soos wat sy dit verlaat het. “Nou goed, as dit alles is wat julle vra, dan is dit alles wat ek sal gee.”

Celesté du Pont is ’n fyn, klein vroutjie wat haar­self duidelik nie enige weelde ontsê nie. Kassandra het nog nooit so iets, of eerder iemand, gesien nie. Dalk effe oordadig? Eksentriek? Maar Kassandra hou onmiddellik van die dame met haar reguit blik en fyn glimlaggie.

“Mijnhere Korte en Van Dijkhorst, wat ’n won­derlike weersiens.” Haar stem klink soos fyn klok­kies, haar houding is innemend, maar tog nie te uitnodigend nie. Sy draai na Kassandra. “En hier het ons die hoop vir die toekoms. Aangename ken­nis, Mejuffrouw.”

Kassandra eggo die klein buiginkie soos haar pa haar geleer het. “Dit is vir my net so ’n voorreg, mejuffrouw Du Pont.” Haar pa het haar vanoggend ingelig dat Celesté du Pont ’n jeugvriendin van oom Dyk is wat nooit getroud is nie. Sy was ’n keer of wat by ’n geselligheid aan oom Dyk se sy toe Kassandra se moeder nog geleef het en hulle naby Groot Constantia geboer het.

“Ons waardeer u bereidwilligheid om te help, mejuffrouw Du Pont,” begin Karel Korte.

Celesté du Pont val hom met ’n klein handbe­weginkie in die rede. “Ons is dan ou vriende, Mijnheer. Noem my asseblief Celesté. Ek sal dieselfde vrymoedigheid neem as ek mag.”

Karel Korte glimlag effe en knik. “Natuurlik, Ce­lesté. Jou bagasie sal na jou kamer geneem word. Sofia sal graag na jou omsien terwyl jy hier by ons op Duetté kuier.”

“Dankie, Karel.” Celesté du Pont draai na Kas­sandra. “Sal jy by my aansluit vir middagtee so­dat ons jou program kan bespreek? Ons het twee weke om van jou die bes opgevoede dame in die Boland te maak.”

Kassandra voel hoe haar bors weer toetrek, maar bedwing die angs met mening. Sy sluk. “Waarom net twee weke?” Sy kyk na die twee mans wat half bedremmeld afkyk. “Pappa?”

“Jan-Werner Mulder het al die wynboere ge­nooi vir ’n bal op Muldersbosch. Die bal is oor twee weke,” antwoord oom Dyk.

Kassandra voel hoe sy frons. “Maar ek is tog nie ’n boer nie? Ek is ook nie ’n boer se vrou nie. Waarom sal ek by die uitnodiging ingesluit wees?”

Die drie ouer mense kyk vir ’n oomblik na me­kaar. “Prinses, volgens Celesté is die eintlike doel om Mulder se kontakte en netwerk te versterk. En hy is nie ongeneë om dit deur ’n huwelik te doen nie. Die uitnodiging is aan families gerig. Alle kinders, seuns én dogters, van hubare ouderdom is daarby ingesluit.” Hy glimlag skeef. “Die man was darem nie so blatant om nét dogters van ’n hubare ouderdom te nooi nie.”

“En dit is nou waar ek sy hart moet wen? Want ek kan nie dink dat Duetté alleen vir hom genoeg sal wees nie. Pappa het dan self gesê dat ons afge­sonder is, ’n klein rykie op ons eie.” Sy kyk onder­soekend van haar pa na oom Dyk wat nou albei bra skuldig lyk.

“Duetté verskaf meer as dertig persent van die wyndruiwe, Kassandra,” sê oom Dyk ongemaklik. “Hulle weet dit net nie.”

“Hoe bedoel Oom hulle weet dit nie? Wie is ‘hulle’?” vra sy agterdogtig, maar tog gefassineer.

“Wel . . . e . . . ons verskaf onder ’n paar handelsname. Celesté tree indirek as ’n agent op. Meer as dit hoef jy nie te weet nie, dit is nooit goed om te veel te weet nie. En hulle, wel, dit is eintlik almal behalwe ons drie, nou ons vier.”

Kassandra skud haar kop. “Julle vra van my om my aan ’n man te bind sodat julle pad terug na die beskawing geplavei kan wees. Ek het reeds gesê dat ek bereid is om dit te doen, maar dan wil ek alles weet.” Sy kyk vasberade van oom Dyk na Ce­lesté du Pont en eindelik na haar pa. “Alles.”

Celesté du Pont glimlag fyn. “’n Ware dame vra nooit so baie vrae nie, my liewe Kassandra. Ek twyfel of ons jou ooit in ’n opgepiepte jong vrou sal kan omskep, maar ten minste het jy die ver­stand om die rol oortuigend te speel.” Sy kyk na die mans. “Ek gaan opfris en ’n oomblik rus. Vertel julle haar solank.”

Die staanhorlosie in die Korte-huis se informele sitkamer het twee uur omgetik terwyl haar pa en oom Dyk die storie ver gaan haal het. Dit voel vir Kassandra asof haar kop in die rondte tol. “Maar waarom het julle toegelaat dat Simon van der Stel julle opbrengste vir hom neem?”

Oom Dyk trek sy skouers op. “Dit is maar hoe dit gewerk het, Kassie. Hy het goed vir die burgers gesorg. Ons was daarvan oortuig dat ons aan die VOC verskaf en bydra tot die groei van die handel­stasie. En toe raak Simon té gierig. Hy is oorlede voordat hy uitgevang kon word, maar hy het ge­weet ons weet.”

“Wie was ons nou almal?” wil Kassandra weet.

Haar pa lyk bedroef. “Op die ou end het die meeste burgers waarskynlik snuf in die neus ge­had, maar hulle was te bang, of te gemaklik, om te praat. Die duiwel sorg mos maar vir sy kinders. Hoe dit ook al sy, ek en oom Dyk en so tien ander manne het begin kapsie maak. Ons saak voorberei om in Amsterdam te gaan voorlê. Voordat ons ge­reed was met ons ontmaskering, het Van der Stel daarvan uitgevind en die ander tien . . . Hulle is ver­moor. Ek en oom Dyk moes vir ons lewens vlug.”

“Maar Pappa, sou dit nie veiliger wees om terug te gaan Nederland toe nie? Ons speel mos nou met die leeu se snorbaarde!”

Oom Dyk kyk vinnig na haar pa. “Kassie, die brand waarin jou moeder oorlede is, wel, ons het ’n sterk vermoede dat dit in opdrag van Simon van der Stel was dat die opstal aan die brand gesteek is. Jou moeder was my suster, soos jy weet, en ek en jou pa het besluit om nie landuit te vlug nie. Ons het gebly en met Celesté se hulp kon ons hierdie grond aan die einde van die wêreld soos Van der Stel hom ken, bekom. Ons het gewag totdat ons sterk genoeg is om die kulspul van binne te infil­treer en te ontmasker. Jou ma . . .” Oom Dyk se stem 14 breek en dit neem ’n rukkie voordat hy weer reg is om te praat. “Jou ma was ’n juweel, Kassandra. Sy het die skoonheid van ’n klein bokkie gehad, maar die moed van ’n leeu. Haar dood sal gewreek word. En wraak smaak vorentoe as dit koud is.”

Haar pa maak keelskoon. “En die tyd is nou.”

Oom Dyk glimlag wrang. “Willem Adriaan van der Stel is nóg gieriger as sy ou pa, en Celesté se kontakte is oortuig daarvan dat sy lot byna beklink is.”

Kassandra knik net. Haar gedagtes is ’n tapis­serie van kleure, herinneringe, reuke. Dit is byna asof sy vir die eerste keer in haar byna agttien jaar verstaan waar sy in die wêreld inpas. Die gemis aan haar moeder, die liefde en koestering hier op Duetté wat maar net nie die gemis aan maatjies van haar eie ouderdom kon uitwis nie, die byna aanbiddende ywer waarmee die werkers haar pa en oom Dyk dien, alles maak nou sin. Sy lig haar ken. “Ek sal sorg dat ek die vrou van Muldersbosch word, Pappa. Sodra ek aan die Mulder-kêrel se sy is, sal die weg gebaan wees om julle ware kleure te wys. Die Van der Stels het baie van ons geneem, maar dit is tyd vir boetedoening.”

The post Glip deur die tonnel na nuwe wêrelde appeared first on LitNet.


2018-Oorlewingsgids: agt volhoubare gesonde eetgewoontes

$
0
0

Uit die meeste mense se ambisieuse Nuwejaarsvoornemens blyk dit dat hulle baie bewus is van hul gewig en eetgewoontes. Ongelukkig spruit dit meestal voort uit die sosiale media se druk om die ideale gewig te hê en ook gemengde seine wanneer produkte bemark word as laag in vet, hoog in koolhidrate, laag in kilojoules, hoog in vesel, hoog in energie, ryk aan omega 3- en 6-vetsure, laag in versadigde vette, ryk aan proteïen of glutenvry.

Met die ontwikkelende mediese tegnologie is intoleransies (bv gluten en laktose) makliker om te identifiseer en allergieë toenemend makliker om te bestuur met al die alternatiewe produkte wat beskikbaar is. Selfs vir mense met hoë bloeddruk, cholesterol en diabetes is daar alternatiewe om seker te maak hulle het kos om te geniet.

Tim Noakes se banting, hoewel omstrede, het verskeie suksesverhale opgelewer en supermarkte se room, Griekse jogurt en botter het soos soetkoek verkoop. Daar is diëte met die doel om jou liggaam te detoksifiseer en ander wat bepaal word deur jou ouderdom, jou liggaamsmassa-indeks, hoe aktief jy is en selfs jou bloedgroep. Daar is benaderings wat vrugte- en groente-smoothies of varsgeperste sappe aanbeveel, ander wat van maaltydvervangings gebruik maak en natuurlik ook die meer onlangse "clean eating" van onverwerkte, organiese en rou kosse.

Sommige mense pak leefstylveranderinge alleen aan, ander saam met hul gesinne (met wisselende vlakke van geesdrif), en ander saam met organisasies soos Weigh-Less, SureSlim en Happy Shrinkers.

Hollywood-filmsterre deel ook hulle wenke, soos om meer gereeld kaal te wees en daardeur ’n groter bewustheid van jou liggaam te hê (model Marisa Miller), om in koue water te stort (Liv Tyler), om ’n korset te dra (Kim Kardashian), om meer alkaliese kosse te eet (Elle Macpherson), en ’n daaglikse inname van appelasyn (Heidi Klum).

In die warboel van eetwenke wat nie alles ewe betroubaar en goed nagevors is nie, kan ’n gesonde eetplan soos ’n onbegonne taak voel. Soos gym-bywoning, is dit ook nie altyd volhoubaar nie.

Hier is agt volhoubare wenke vir mense met verskillende voedselvoorkeure, intoleransies of allergieë, en selfs vir mense met min tyd wat sukkel om tyd aan elke maaltyd af te staan.

1. Rou groente en vrugte is gesonder as wanneer dit gaar of verwerk is. Voedingstowwe gaan verlore en onnodige sout en ander stowwe word bygevoeg. Die goeie nuus is dat dit minder moeite is om dit rou te eet! Gooi dit in ’n smoothie, doop dit in humus of sit dit in ’n slaai. Wees wel versigtig vir versapping, aangesien vesel daardeur verlore gaan.

2. Maak jou kos self gaar en maak jou eie sous eerder as om klaargemaakte souse of kitsmaaltye te eet. Op daardie manier kan jy beheer wat uiteindelik in jou bord beland en is jy nie uitgelewer aan onnodige byvoegings soos preserveer-, geur- of kleurmiddels nie. Om dit makliker te maak, kan jy aftreksel (met gaar hoender, wortels, seldery, uie, ens) en ander souse in grootmaat voorberei en in porsies vries.

3. Jy kan ’n gebalanseerde dieet volg deur ’n verskeidenheid van verskillende kosse te eet en nie ’n hele voedselgroep uit te skakel nie. Matigheid is wel altyd belangrik – maak seker jou porsiegroottes is in verhouding tot hoe gesond die kos is.

4. Moenie laatoggend ’n kolwyntjie eet en besluit om die res van die dag te eet wat jy wil omdat jy nou in elk geval klaar gekroek het nie. Eet koek en geniet dit, maar maak dit dan doel om die res van die dag mooi te kyk na wat jy eet.

5. Eet voordat jy jou kosinkopies gaan doen. Wanneer jy honger is en deur die supermark loop, lyk alles lekker en pak jy enigiets in jou waentjie.

6. Beplan jou maaltye en maak etes vooruit. As jy byvoorbeeld vleis en groente vir aandete maak, maak genoeg sodat jy die res die volgende dag vir middagete kan eet. Sodoende het jy twee gesonde maaltye met die voorbereidingstyd van een en hoef jy nie te swig voor kitskos vir middagete nie.

7. Wanneer jy uiteet of wegneemetes eet, kies slim. As die kelner vra "Chips or salad?", kies maar die slaai. Dis net erg totdat dit ’n gewoonte raak. Kies maar die klein pizza eerder as die grote en eet dan ’n vrug as jy nog steeds honger is en jou gewete wil sus.

8. Pinterest! Pinterest is vol idees vir vinnige maaltye en maklike resepte, en sodra jy besluit het watter benadering tot kos jy hierdie jaar wil volg, is daar ’n magdom opsies om van te kies. Stoor dit op jou selfoon en maak dit in die winkel oop om te sien watter bestanddele jy moet koop.

The post 2018-Oorlewingsgids: agt volhoubare gesonde eetgewoontes appeared first on LitNet.

Persvrystelling: ’n Middagete geïnspireer deur die druif

$
0
0

Die druiwekorrel, hoewel klein en beskeie, is verantwoordelik vir ’n wêreldwye fenomeen wat ’n ontsaglike verskeidenheid wyne en wynstyle insluit en die mens reeds vir duisende jare vreugde en genot verskaf. Op Saterdag 24 Maart sal die Franschhoekse wynlandgoed bekend as Anthonij Rupert Wyne hulde bring aan hierdie vrug deur middel van ’n spesiale druif-geïnspireerde middagete.

Die maaltyd, wat regdeur die dag op die terras van die Anthonij Rupert Wyne-proelokaal aangebied word, sal bestaan uit ’n smaaklike driegang-oesstylmiddagete. Gaste sal by hul aankoms verwelkom word met ’n glas L’Ormarins Blanc de Blancs 2012, terwyl ’n keur van die landgoed se Cape of Good Hope-wynreeks regdeur die maal bedien sal word. Die spyskaart is saamgestel om verskeie elemente van die druif – soos groenvrugtesap, rosyntjies en wingerdblare – in te sluit.

Die koste is R550 per persoon en sluit die driegangete, wyne en diensfooi in. Om te bespreek, kontak die landgoed by 021 874 9074 of tasting@rupertwines.com.

The post Persvrystelling: ’n Middagete geïnspireer deur die druif appeared first on LitNet.

Landbouproeë vir fynproewers by US Woordfees

$
0
0

Shiraz en wildsvleis, Merino-lamsboud en Veritas-bekroonde wyne, topkase én rooibos is van die unieke proe-ervarings wat op fynproewers wag tydens die Agri-Expo Landboureeks by die US Woordfees van Vrydag 2 tot Maandag 11 Maart op Stellenbosch. Dié gewilde proeë, wat elke jaar vinnig uitverkoop, bestaan vanjaar uit ’n reeks van 10 proe-sessies.  

’n Opwindende nuwe toevoeging is die Shiraz-en-Wildsvleisproe waar jy sal ervaar hoekom Suid-Afrikaanse Shiraz-wyne as van die beste pasmaats vir wildsnitte beskou word. Edmund Terblanche, voorsitter van Shiraz Suid-Afrika, asook keldermeester en bekroonde wynmaker van La Motte-wynlandgoed, kom deel sy kennis terwyl glanssjef Bertus Basson van Overture- en Bertus Basson at Spice Route-restaurant faam verskillende wildsnitte – sonder enige tierlantyntjies soos konfyte, souse of speserye – voorsit.

Op aandrang van die publiek bied sjef Bertus vanjaar weer Merino-lambsboudproeë uit verskillende streke saam met Veritas-bekroonde rooi wyne aan. Die vleis is van Merino-lam wat telkens ewe oud is, ewe lank verouder en op dieselfde wyse gaargemaak is, met geen geurmiddels nie. Gaste kan dus die smaak en geure van die verskillende streke proe en self besluit watter streek se lam die beste smaak. Die bekende Kaapse Wynmeester en Veritas vise-voorsitter, Bennie Howard, sal die perfekte Veritas-bekroonde rooi wyne as pasmaats skink.

Carmién Tea, Piekenierskloof-wyne en Carmen Niehaus, Huisgenoot se kosredakteur, beloof ’n verruklike reis van geure en smake tydens hul proeë van kos, wyn én tee. Die Kaas-en-Wyn-proe werp lig op hoe nuwe kaassoorte en wynstyle geskep word, met die 2017 Boer van die Jaar Charles Back van Fairview wat kom vertel hoe vervaardigers te werk gaan om die smaaksin te betower.

Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo, sê dat hulle as landbougenootskap poog om die beeld van landbou op die mees opwindende maniere te bevorder. “Met hierdie inisiatief, in samewerking met ons vennote, Skaapvleis SA, Merino SA, Wildbedryf SA, Shiraz SA, Fairview, Carmién Tee, BKB en Veritas glo ons dit is die regte rigting waarin ons met landbou beweeg. Die nuwe toevoeging van ’n wildvleisproe skep ’n ideale geleentheid vir die uitbreiding van dié bedryf in die Wes-Kaap.”

Die Kaas-en-Wynproe vind plaas op Vrydag 9 Maart; die Merino-en-Rooiwynproeë op Vrydag 2 Maart, Donderdag 8 Maart en Sondag 11 Maart; die Shiraz-en-Wildproeë op Woensdag 7 Maart en Saterdag 10 Maart; en die Carmién Tea-proeë op Saterdag 3 Maart, Sondag 4 Maart, Vrydag 9 Maart en Sondag 11 Maart. Al die geleenthede vind by Die Khaya in Ryneveldstraat, Stellenbosch, plaas. ’n Beperkte getal kaartjies is by Computicket beskibaar. Besoek www.woordfees.co.za of www.agriexpo.co.za vir meer inligting.

Skakels na die program op die US Woordfees se webwerf:
http://woordfees.co.za/event/agriexpo-landboureeks-carmien-tee
http://woordfees.co.za/event/agriexpo-landboureeks-kaasenwynproe
http://woordfees.co.za/event/agriexpo-landboureeks-merinoproe
http://woordfees.co.za/event/agriexpo-landboureeks-shirazenwildsvleis

The post Landbouproeë vir fynproewers by US Woordfees appeared first on LitNet.

US Woordfees 2018: Kook & Geniet – foto's

$
0
0

Na al die jare is SJA de Villiers se Kook & Geniet steeds ’n topverkoper en het dit ook ’n suksesvolle TV-reeks tot gevolg gehad. Tydens ’n kosdemonstrasie het Tannie Ina se dogter, Eunice van der Berg, en Lise Swart gewys hoe om onder andere gazpacho, risotto en vrugtekoek te maak. Die gehoor het aan hul lippe gehang (en natuurlik ook ’n happie gekry om te proe). Hier is ’n paar foto's van die geleentheid.

Eunice van der Berg met die nuwe uitgawe van Kook & Geniet

Die bestanddele vir die gazpacho (’n koue sop wat van rou groente gemaak word)

Die bestanddele van die risotto (’n Italiaanse rysdis)

Lise Swart

Lise meng die gazpacho volgens Eunice se instruksies.

Eunice verduidelik hoe om ’n pan uit te voer wanneer jy ’n vrugtekoek bak.

Lees ook:

Kook & Geniet: ’n onderhoud met Eunice van der Berg

Eunice van der Berg, Naomi Meyer
Onderhoude

"Uiteindelik is die reeks ’n wonderlike erkenning vir my ma se lewenstaak."

The post US Woordfees 2018: <i>Kook & Geniet</i> – foto's appeared first on LitNet.

US Woordfees 2018: Ouwingerd-erfenis-wynproe by Spek en Bone

$
0
0

Om te verstaan hoekom spesifieke wyne meer uitsonderlik in karakter en mondsensasie as ander is, moet mens eenvoudig net proe. Die eerste 2018 US Woordfees Ouwingerd-erfenis-wynproe het op 6 Maart 2018 by Spek en Bone plaasgevind waar sjef Bertus die ouwingerdwyne gekomplementeer het met van sy beste wynkroeg-tapasgeregte.

Sjef Bertus Basson

’n Uitgelese groep van 32 gaste wat spesifiek belangstel in die uniekheid van ouwingerdwyne (gemaak van wingerde wat 35 jaar en ouer is), het ’n stewige keuse van 11 wyne deurgeproe. Dit was ’n diverse spektrum wat bestaan het uit die enigste ouwingerd chenin blanc Kap Klassiek as verwelkomingsdrankie (Huis van Chevallerie Filia – magnumformaat), chenin blancs van Sadie Familiewyne (die gesogte en raar Mev Kirsten), Nuwedam, Bosman, ’n sémillon elk van Boekenhoutskloof (’05) en die Antonij Rupert-wyn Laing Groendruif, sowel as die Mullineux Old Vines wit versnit. Die rooiwynkeuses was ’n Naudé-cinsaut, die Fairview Pegleg-carignan en die Meerendal Erfenisblok-pinotage. Daar was geen nagereg nie, maar wel ’n Daschbosch-hanepoot gemaak van ’n 117 jaar oue blok in die Breedekloof.

Almal was dit aan die einde van die aand eens dat die wyne van ou wingerde ’n uitsonderlike tekstuur, mondgevoel met ’n natuurlike helderheid bied. Elke wyn het ’n storie, gewoonlik gewortel in generasies van wyndruiweboere wat die wingerde saam met hul wingerdwerkers met sentiment en begrip versorg.

Terwyl wingerdpioniers soos Charles Back van Fairview en Marc Kent van Boekenhoutskloof reeds geruime tyd die waarde van hierdie ou blokke erken het, is daar ’n oplewing in die huidige wynmakersgenerasie, jonk en oud, om die ouer blokke se integriteit en potensiaal deur spesifieke wingerdpraktyke te bewaar.

Wynmakers woon tipies hierdie geleenthede ook by en voeg kleur, dimensie en die menslike element by die gaste se ervaring. Teenwoordig op hierdie aand was Frik Kirsten, mev Kirsten se seun en bewaarder van hierdie oudste chenin blanc-blok in Suid-Afrika, sowel as Christa von Le Chevallerie, wat haar Nuwedam-chenin blanc onlangs vrygestel het. Laasgenoemde is die eerste Old Vine Project- (OVP-) lid wat die Certified Heritage Vineyards Seal op ’n bottel vertoon. Hierdie seël waarborg die ouwingerdstatus en dat dit deur Sawis-rekords en die OVP gesertifiseer is.

Frik Kirsten, eienaar van die die Mev Kirsten-wingerd

Christa von Le Chevallerie, Huis van Chevallerie en Nuwedam

Die waarde van weldeurdagte wingerdboukunde met ’n langtermynplan is bevestig deur die eienaar-wynmaker Kevin Arnold van Waterford, wat hul 31 jaar oue chardonnayblok voorberei vir ouwingerdstatus oor minder as vier jaar.

Besoek gerus www.oldvineproject.co.za vir meer inligting of e-pos André Morgenthal by marketing@oldvineproject.co.za.

André Morgenthal

Foto's: Gerrit Rautenbach

The post US Woordfees 2018: Ouwingerd-erfenis-wynproe by Spek en Bone appeared first on LitNet.

Viewing all 173 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>