Quantcast
Channel: Kos en wyn - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 173

Wen kaartjies na die Stellenbosch Craft-bierfees!

$
0
0

LitNet, in samewerking met LK Mediabook en die Stellenbosch Craft-bierfees, gee 5 x 2 kaartjies weg na die Stellenbosch Craft-bierfees op 5 Maart 2022. Elke kaartjie sluit ook ’n bierglas in.

Hoe om in te skryf
  • Lees die persverklaring.
  • Stuur ’n e-pos aan wenbier@litnet.co.za met die onderwerp “Bier”.
  • In die e-pos self moet jy twee van die handelsmerke noem wat op 5 Maart in die Jan Marais-natuurreservaat in Stellenbosch teenwoordig sal wees.
  • Jy moet ook jou naam en van, kontaknommer en e-posadres in die e-pos plaas.
  • Alle inskrywings moet LitNet voor 18:00 op 28 Februarie 2022 bereik.
Reëls
  • Jy moet 18 of ouer wees om deel te neem.
  • Die wenners moet 18 of ouer wees; geen van die wenkaartjies sal aan persone jonger as 18 uitgereik word nie.
  • Wenners sal self by die bierfees moet uitkom; geen vervoer word verskaf nie.
  • Die pryswenners se name sal met ’n gelukstrekking bepaal word en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.
  • Deur deel te neem gee jy aan LitNet die reg om jou naam, kontaknommer en e-posadres aan LK Mediabook te verskaf en jy gee aan LK Mediabook die reg om met jou kontak te maak.
  • LitNet is nie aanspreeklik vir enige gebeure by die geleentheid, of daarvoor of daarna nie.
  • Geniet jou bier verantwoordelik, wenner of te nie!
Persverklaring

Stellenbosch Craft-bierfees (SCBF) – Saterdag 5 Maart 2022

Jan Marais-natuurreservaat, Stellenbosch

Die Stellenbosch Craft-bierfees (SCBF) is tweejaarlikse byeenkoms in die prentjiemooi Jan Marais-natuurreservaat in Stellenbosch. Dié gesellige fees is al ’n tradisie in Stellenbosch en bestaan hoofsaaklik uit ’n kombinasie van die nuutste en gewildste handgemaakte biere, asook ’n verskeidenheid kosstalletjies en heeldag musiekvermaak.

SCBF-organiseerder, Dirkie van der Merwe, vertel dat hulle uitsien daarna om vanjaar die fees weer te kan aanbied: “Mens kan amper nie glo dat mens verlede jaar omtrent nie eers bier mag gedrink het nie! Ons doen baie moeite met die fees om seker te maak dat almal ’n fantastiese dag met net die heel beste brouerye onder die 200-jaar oue dennebome in die park sal geniet!”

SCBF skep ’n platform vir gewilde asook opwindende nuwe handelsmerke om hul spesiale brousels aan te bied. Die ervaring om handgemaakte biere te drink, ook die ervaring van mikrobrouery en mikrodistillering, het die afgelope paar jaar na nuwe vlakke gegaan. Nou sien mens ook die opkoms van kleinskaaljenewer, of iets soos agave-gebaseerde rum, om maar ’n paar te noem. Daar sal ook hiervan beskikbaar wees.

Vanjaar sal daar ook vir die eerste keer ’n nie-alkoholiese kelkiekroeg aangebied word met ’n verskeidenheid vars, sapgebaseerde drankies.

Van der Merwe sê dat die “craft-kultuur” tans baie aftrek kry: “Mense is moeg vir massaproduksie en onpersoonlike produkte. Hulle wil weet wie hulle bier brou en waar dit gedoen word. Ons probeer die brouerye direk met hulle kliënte te laat gesels, wat ’n beter verstaan van en groter waardering vir die eindproduk kweek. Dis hoekom die beweging om op kleiner skaal te werk, so gewild is: mense kan hulle met die produkte vereenselwig en sien dit as ’n handgemaakte produk, eerder as ’n perfekte kloon uit ’n fabriek. Daar is iets van alles! Die Stellenbosch Craft-bierfees is geskik vir die hele gesin. Bring familie en vriende en kom en geniet alles wat hierdie besonderse fees bied.”

  • Die hekke maak 11h00 oop.
  • Kaartjies is beskikbaar by Quicket.
  • Feesgangers kan by die hoofingang van die Jan Marais-reservaat toegang tot die feesterrein kry en daar is genoeg parkeerplek aan die Merrimanlaan-kant van die park.
  • Daar is genoeg sitplekke en skaduwee – mense kan wel ook hul eie kampstoele, komberse en sambrele bring.
  • Die musiekvermaak is vanaf 12h00 tot 19h00.
  • Die volgende handelsmerke sal vanjaar by SCBF wees: Loxtonia Cider, Hopman Brewery, Folk & Goode Brewing Co, Fokof Lager, Muti Gin, Pot & Scot Craft Brewing, Kings Craft Brewing, Pot & Scot Craft Brewing, Kings Craft Brewing Co, Matawi Mead, Darling Honey Liquer.
  • Vir meer inligting en nuutste verwikkelinge volg SCBF op hul Facebook blad:  Stellenbosch Craft Beer Festival | Facebook.
  • Kontak hello@dpk.co.za vir meer inligting.
  • Kaartjies:
  • Aanlyn via Quicket.
  • Volwassekaartjie; sluit bierglas in: R140
  • Volwassekaartjie; sluit standaardkoppie in: R120
  • Kinders 12 – 17: R70
  • Kinders onder 7: Gratis – daar is ook ’n kinderspeelarea.
  • R150 by die hek op dag van fees – geen koppies of glase ingesluit.
  • Nota: ’n Fooi van R5 word gevra op aanlynkaartjieverkope.

The post Wen kaartjies na die Stellenbosch Craft-bierfees! appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 173


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>