Quantcast
Channel: Kos en wyn - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 173

Persvrystelling: SA Kaasfees afgestel oor koronavirus

$
0
0

Die grootste buitelug kulinêre gebeurtenis in Afrika, die 2020 Suid-Afrikaanse Kaasfees, is afgestel weens die nasionale verbod op byeenkomste van meer as 100 mense. Die gewilde fees sou vanjaar vir die 19de keer aangebied word van Saterdag 25 tot Maandag 27 April 2020 op Sandringham buite Stellenbosch.

Foto: Pixabay.com

Die Raad van Agri-Expo, die organiseerder van die SA Kaasfees, het die afgelope week wyd met provinsiale regering en ander rolspelers gekonsulteer in die lig van toenemende kommer oor die Covid-19-pandemie.

Johan Ehlers, hoof uitvoerende beampte van Agri-Expo, het die fees se vennote, uitstallers en ondersteuners bedank vir hulle begrip en geduld. “Die SA Kaasfees bied jaarliks ’n platform aan kaasmakers en entrepreneurs van regoor die land om hul produkte aan tot 30 000 feesgangers bekend te stel. Die afstel van die SA Kaasfees sal ’n besliste ekonomiese impak hê.”

  • Alle betaalde kaartjies sal deur Computicket vergoed word met kaartjiehouers wat direk deur Computicket gekontak sal word. 
  • Die 20ste SA Kaasfees sal van Saterdag 24 tot Maandag 26 April 2021 op Sandringham buite Stellenbosch plaasvind. 

The post Persvrystelling: SA Kaasfees afgestel oor koronavirus appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 173


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>