Quantcast
Channel: Kos en wyn - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 175

Boerekos kry ’n moderne baadjie: ’n resensie van Boerekos with a twist deur Annelien Pienaar

$
0
0

Boerekos with a twist
Annelien Pienaar
Human & Rousseau, 2018
ISBN: 9780798175005

Annelien Pienaar, ’n voedselwetenskaplike, en haar man, Hanru, is pekanneutboere en eienaars van die gasteplaas Bos-en-Berg by Skeerpoort naby Hartbeespoortdam van waar sy haar kookskool en haar trefferblog, BoereKosTwist, bedryf.

Verlede jaar het haar boek Boerekos met ’n twist in Afrikaans verskyn. In die boek gee Annelien ’n kwyllekker kinkel aan die eenvoudige, voedsame huiskos wat jou ma, ouma en oumagrootjie gemaak het. Dié 140 familieresepte vir soppe, souse, groente-, vleis- en nageregte én gebak en spenstreffers is getoets, bevat g’n vreemde bestanddele nie en sit die “resep-met-’n-les”-konsep voort wat haar gelyknamige blog en Facebookblad so ’n sosiale media-sukses maak.

Maar die lekkerste van haar boek is dat sy moderne kinkels bygooi, sodat jy nie ná elke maaltyd voel of jy ’n suiker- of meel- of vleis-oordosis gekry het soos wat baie van die tradisionele resepte uit ouma se resepteboek jou laat voel het nie.

Ek geniet my kopie terdeë en het al verskeie eksemplare vir vriende aangekoop, juis omdat haar resepte elke keer ’n wenner is as ek dit maak.

Met die koms van haar Engelse weergawe, Boerekos with a twist, maak dit natuurlik my Engelssprekende man se hart baie bly, dat hy nou sy eie kopie kan hê en nie meer met die woordeboek neffens my Afrikaanse weergawe hoef te bak en brou nie, hoewel brou nie meer so gereeld voorkom nie ...

Danksy Annelien se gemaklike skryfstyl en oulike idees het ons al vleis op ons stoof gerook - sonder fensie toerusting, bloot net aliminiumfoelie en rooibosteesakkies; ons het al pekelvis gemaak en het hierdie stadsjapies selfs al geleer van steriele bottels en hoe om te verseker dat alle bakteriëe dood is voor jy inlê.

Haar spinasie-en-soetmielietert wat jy binne 10 minute kan berei voor dit oond toe gaan, het my al vele male gered as tyd min is en ek al die gaste se motordeure buite hoor klap en hulle dan steeds instap met die hemelse reuk van tuisgebak wat hulle by die voordeur kom haal.

En die karamelspringmielies, nou ’n geliefde peuselding saam met ’n lekker fliek of reeks.

Die nuttige inligting voor die verskillende hoofstukke om jou te leer wanneer jy ’n ballonklitser gebruik; of hoekom room skei; wat die verskil tussen flambé en soteer is; of hoe warm jou oond vir watter gereg moet wees, help selfs die onkundigstes onder ons.

Haar nuttige spyskaarte agterin die boek haal sommer die kopseer uit onthaal-idees en wys mooi wat jy saam met wat kan voorsit wat “oe’s”  en “aa’s” van vriende sal kry.

Ek volg haar op Facebook vir nuwe idees, maar dis tog maar my resepteboek wat oopgevou word as ek iets lekker wil maak vir spesiale vriende. En nou is daar twee – een in elke taal – en daar is vrede in die kombuis.

The post Boerekos kry ’n moderne baadjie: ’n resensie van <em>Boerekos with a twist</em> deur Annelien Pienaar appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 175

Trending Articles


Girasoles para colorear


Vimeo 10.7.0 by Vimeo.com, Inc.


OFW quotes : Pinoy Tagalog Quotes


Long Distance Relationship Tagalog Love Quotes


Tagalog Long Distance Relationship Love Quotes


5 Tagalog Relationship Rules


Best Crush Tagalog Quotes And Sayings 2017


Re:Mutton Pies (lleechef)


Vimeo 10.7.1 by Vimeo.com, Inc.


Sapos para colorear


mayabang Quotes, Torpe Quotes, tanga Quotes


Break up Quotes Tagalog Love Quote – Broken Hearted Quotes Tagalog


Patama Quotes : Tagalog Inspirational Quotes


Tagalog Quotes To Move on and More Love Love Love Quotes


Tropa Quotes


BARKADA TAGALOG QUOTES


“BAHAY KUBO HUGOT”


FORECLOSURE OF REAL ESTATE MORTGAGE


Pokemon para colorear


Tagalog Quotes About Crush – Tagalog Love Quotes