Quantcast
Channel: Kos en wyn - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 174

Sampioene

$
0
0

Foto: Karen Hart

Ek het grootgeword met geblikte sampioene. En daai tyd was dit groot bederf. As jy ’n sampioen met jou vurk raakgesteek het in een van my ma se konkoksies, het jy gedink dis Krismis.

Ek het vir baie jare geglo dis hoe sampioene smaak, so uit die blik uit. Ek kan nie presies onthou wanneer ek die eerste keer vars sampioene geëet het nie – ek glo ek moes al op universiteit gewees het. Maar sedert daardie tyd kan ek nie genoeg van die regte, egte smaak kry nie.

As platsak student op Stellenbosch het ek so tussen klasse deur as kelnerin in Zorba’s gewerk. Theo, die eienaar, het toe later die bekende Theo’s in Mouillepunt oopgemaak. Ons kon aan die einde van ons skof ’n bietjie slaai skep, van die warm broodrolletjies kry en, die lekkerste van alles, ‘n skep van Theo se sampioene wat in kruie en wyn gaargemaak is. So af en toe het hy ons jammer gekry en vir elkeen ’n klein stukkie steak gaargemaak.

.......

Maar daardie sampioene … Kyk, as ’n Karookind jou sê jy kan maar die vleis los en net van die sampioene gee, dan moet jy weet – dis blerrie lekker.

........

Maar daardie sampioene … Kyk, as ’n Karookind jou sê jy kan maar die vleis los en net van die sampioene gee, dan moet jy weet – dis blerrie lekker.

Ek het nooit die resep vir Theo se sampioene kon kry nie. En ek kon dit nog nooit heeltemal regkry met al my pogings om hom dit na te doen, dit heeltemal so te laat smaak nie. Maar dit het my nie gekeer om die liefdesverhouding met sampioene voort te sit nie.

Toe ek eers my kombuisvoete begin kry, het ek ernstig geëksperimenteer. Quiches, omelette, fritatas, pasta, bredies ... elke denkbare resep wat jy met ‘n sampioen kan maak. Selfs ‘n soutige sampioenkaaskoek. Maar dis my sampioensop wat die manne op hul knieë dwing, letterlik en figuurlik – ek het al ‘n hele paar huweliksaansoeke so oor ‘n bakkie sampioensop gekry.

(Maar dis nie hoe ek drie keer voor die kansel beland het nie – daardie is annerdag se stories!)

My eie gunsteling, so ‘n bederfkossie wanneer ek op my eie is, is ‘n houertjie eksotiese sampioene wat vinnig oor hoë hitte in botter gebraai word. Net ‘n bietjie sout en varsgemaalde swartpeper. En jy skep dit op ‘n sny ciabatta wat met botter of olyfolie gerooster is. Die lekkerste lekker!

Toe ek deel van die mark by The Palms was, het ek wanneer ek kon, van Kotie se geroosterde sampioenkebabs gekoop. Sy het self die sampioene gekweek en dit net daar by die mark gerooster. Ek kon nie altyd betyds van my koekietafel wegkom nie en teen die tyd dat ek ‘n blaaskans kon kry, was haar kebabs uitverkoop.

Wat ek net nog nooit kon verstaan nie, is hoe mense doodgewoon wit knopiesampioene in skyfies kan sny en dit net so rou in ‘n slaai voorsit. Want dit maak nie saak hoe lekker jou slaaisous en die ander slaaibestanddele is nie, daardie sampioenskyfies smaak na rubber. Gemarineer kan dit nog gaan, ja, maar min mense doen die moeite.

Met al my kosreise met sampioene moet ek tot my skande erken ek het nog nooit self in die bos gaan sampioene soek nie. Toe ek en my derde man op die groen gordel in Constantia gebly het, het my Duitse buurvrou gereeld van die geel sampioene wat by ons hek gegroei het, kom “steel”. Ek het met belangstelling daarna begin kyk, maar toe hoor ek van die een keer wat sy siek geword het.

Destyds, toe ek nog in Loaderstraat aan die voet van Vlaeberg gewoon het, het my buurman vir Basil en Sophie, sy twee stout spanjoele, probeer leer om eetbare sampioene uit te snuffel. Hy het iewers gelees dat dié honderas die vermoë het om tussen giftige en niegiftige sampioene te onderskei.

........

Destyds, toe ek nog in Loaderstraat aan die voet van Vlaeberg gewoon het, het my buurman vir Basil en Sophie, sy twee stout spanjoele, probeer leer om eetbare sampioene uit te snuffel. Hy het iewers gelees dat dié honderas die vermoë het om tussen giftige en niegiftige sampioene te onderskei.

..........

Maar voor ek by die spanjoele se sampioenejag kom, moet ek eers vertel hoe Sophie amok gemaak het by die jaarlikse krieketwedstryd tussen die lede van die destydse Kruik-orkes en die Kaapse Simfonie-orkes. My buurman, ‘n altvioolspeler, kon glad nie verstaan waarom Sophie haar so skandelik gedra nie. Toe kom hy agter sy is smoordronk! Sy het oral waar sy ‘n glas bier op die grasperk langs ‘n toeskouer sien staan het, haarself vinnig aan ‘n leksel of twee gehelp.

Buurman het hom glad nie van stryk laat bring deur sy twee onregeerbare hondekinders nie en het sy blitskursus in “sampioenejag” begin deur Denny-sampioene tussen sy meubels weg te steek. Basil en Sophie het vinnig geleer en die nuwe speletjie met oorgawe geniet. Toe neem Buurman hulle na die Cecilia-woud vir hul eerste proeflopie. Alles het goed gegaan en hulle het soos wafferse truffelsnuffelaars die eetbare sampioene opgespoor. Die probleem was net dat hulle elke vonds net daar op die plek verorber het!

Ek bly vir eers maar by die sampioene wat ek van die winkelrakke af haal. Maar deesdae kook ek al hoe minder met dié lekkerte. Dit bly deesdae maar by die kosse vir fotosessies en sampioentertjies en minifritatas op bestelling. My ma se demensie maak dat sy weier om enigiets wat donker lyk – soos spinasie en sampioene – in haar kos te eet. Sampioensop, ja, maar in enigiets anders krap sy dit eenkant op haar bord.

Maar so af en toe oorweldig die sampioenbelusting my vir dié heerlike pastagereg. Dan maak ek maar ietsie ekstra by wat my ma kan eet as sy weier om verby die swart goggas te kyk.

Karen se sampioenpasta met basiliekruid, knoffel en room

Genoeg vir 4

3 eetlepels botter
2 eetlepels olyfolie
1 x 400 g-pak sampioene (sien wenk), in dun skyfies gesny
4 mollige knoffeltoontjies, gekneus en fyngekap
300 ml room
‘n handvol vars basiliekruidblare, in repies geskeur
sout en varsgemaalde swartpeper
500 g penne
4 eetlepels parmesaan, plus ekstra vir opdiening.

Verhit die botter en olyfolie in ‘n groot swaarboompan en braai die sampioene oor matige tot hoë hitte daarin totdat dit begin verkleur en sag word. Verlaag die hitte tot matig, byna laag. Voeg die knoffel by en roer goed deur. Braai vir nog ‘n hele paar minute totdat die sampioene heeltemal gaar is. Voeg die room by en laat liggies prut totdat die sous begin dik word. Voeg die basiliekruid en sout en peper by. Maak die pasta gaar volgens instruksies op die pakkie en dreineer goed. Roer die warm pasta en parmesaan by die sampioenmengsel in die pan. Meng goed en bedien onmiddellik met ‘n lekker skeppie ekstra parmesaan bo-oor gesprinkel.

Wenk: Die sampioene wat jy gebruik, is jou keuse – knopiesampioene of portabello. Ek hou van ‘n mengsel van die twee. Jy hoef ook nie net by penne as jou pasta te hou nie – farfalle en ditali werk ook baie goed met hierdie resep.

The post Sampioene appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 174

Trending Articles


Girasoles para colorear


mayabang Quotes, Torpe Quotes, tanga Quotes


Tagalog Quotes About Crush – Tagalog Love Quotes


OFW quotes : Pinoy Tagalog Quotes


Long Distance Relationship Tagalog Love Quotes


Tagalog Quotes To Move on and More Love Love Love Quotes


5 Tagalog Relationship Rules


Best Crush Tagalog Quotes And Sayings 2017


Re:Mutton Pies (lleechef)


FORECLOSURE OF REAL ESTATE MORTGAGE


Sapos para colorear


tagalog love Quotes – Tiwala Quotes


Break up Quotes Tagalog Love Quote – Broken Hearted Quotes Tagalog


Patama Quotes : Tagalog Inspirational Quotes


Pamatay na Banat and Mga Patama Love Quotes


Tagalog Long Distance Relationship Love Quotes


BARKADA TAGALOG QUOTES


“BAHAY KUBO HUGOT”


Vimeo 10.7.0 by Vimeo.com, Inc.


Vimeo 10.7.1 by Vimeo.com, Inc.



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>